Minister sê nee vir bikini’s

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Minister in Indië wil bikini’s op strande verbied en het gesê meisies met kort rokkies moenie kroeë besoek nie.

Sudin Dhavalikar, minister van openbare werke in die vakansiestaat Goa, het Dinsdag aan verslaggewers gesê bikini’s kan “tot probleme lei” soos molestasie en dan vind die polisie te laat daarvan uit om dit te hanteer. “Ek voel bikini’s moet op strande verbied word,” het hy gesê. “Ons kan nie sulke tipe mense toelaat om openbare plekke te besoek nie.”

Dhavalikar, ʼn lid van die Maharashtrawadi Gomantak-party, is vroeër gekritiseer oor sy uitlating dat meisies in kort rokkies wat kroeë besoek, nie by die plaaslike kultuur inpas nie. “Wat sal van ons Goaanse kultuur word as ons dit toelaat?” wou hy weet. “Die meisies skep die verkeerde kultuur en dit moet gestaak word.”

Lede van die opposisieparty het in reaksie hierop ʼn pienk romp na Dhavalikar gestuur en gesê hulle sal nie “morele polisiëring” duld nie.

Goa se strande is al dekades lank ʼn toeriste-aantreklikheid, maar die staat het die afgelope paar jaar begin toeslaan ná ʼn reeks hoëprofiel-misdade insluitend die verkragting en moord op ʼn Britse tiener Scarlett Keeling in 2008.

Die staat het verlede jaar ook ʼn voorstel vir Indië se eerste Playboy-klub op een van die strande verwerp en het ʼn verbod geplaas op danskroeë. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

EMK ·

@Peter Says – haha, dis nog niks, wat van ou Ehrenrich se gekerm oor Victor Mattfield se kamoefleerkopskerm? Hoe beland mense met belaglike sienings in poste waar hul hul belaglikhede met die publiek kan deel? Of anders gestel – hul vergat hul name!

AmY ·

En dit gaan sedelikhied bevorder? Nee regtig man. Die girls gaan mos nie kaal loop nie!!!

Jas van As ·

Kom ons kyk uit ‘n ander oogpunt na hierdie sakie: Baie onskuldige vrouens en meisies wat betaamlik aantrek, is al verkrag deur mans wat “aangevuur” is deur vrouens en meisies wat onbetaamlik aangetrek was. Hoera vir die minister!! Daar is hoop.

Peter Says ·

Jas, JAaaas, siek mans ja, maar om darem die “Eye candy” te verbied…is n onding, of wat se ek nou.

Die Skim ·

Jas, jy is reg. Ongelukkig word die meeste mans, net soos baie vrouens, deur hulle hormone beheer. Vra enige welsynwerker. Daar is ordentlike mans en daar is ordentlike vrouens. Mense speel met vuur en hulle dink, soos miljoene voor hulle, hulle gaan nie brand nie.

Chanel ·

Ek stem saam met Jas. Dit sal baie probleme in ongelukkige huwelike voorkom. Dan het mans nie ‘n ander keuse as om net sy eie vrou op die hande te dra nie. Want dan is daar minder ander afleidings.

mariana ·

Ai…..as jou man jou nie op sy hande dra nie, le die fout verseker by jouself…..moenie anders vrouens die skuld gee as jou man rondkyk nie…..dis net jou eie skuld……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.