Minister tereggestel ná hy uiltjie knip

Kim Jong Un van Noord-Korea

Kim Jong Un van Noord-Korea

Noord-Korea het sy minister van verdediging met lugafweerwapens tereggestel, aldus die Suid-Koreaanse persburo Yonhap.

Hyon Yong Chol was glo ontrou aan die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, maar die uiltjie wat hy tydens ’n militêre parade geknip het wat deur sy leier bygewoon is en op TV-beelde vasgelê is, het glo sy doppie geklink.

Die BBC berig Hyon is reeds op 30 April “tereggestel” en dat dit ten aanskoue van honderde mense gebeur het. Die nuus kom enkele weke ná berigte dat 15 senior beamptes tereggestel is.

Hy is verlede jaar as minister van verdediging aangestel.

Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hannelie ·

O, genugtig! Wat sal die ou doen as hy met SA se parlementslede en baie ander beampte te doen moet kry wat so openlik sit slaap?!

Johan ·

Ons het hierdie lelike outjie baie nodig hier in die Reenboog SA.
Hy kan dalk net ‘n einde bring aan al die Korupsie, luiheid, roof, moord en al die ander onderduimse dinge wat ons Belasting gelde vat.
Ek dink dat No:1 nogal eersye kan wees!!!!!

Buks Meyer ·

Ons kan dalk as dit oor n jaar strek die hele parlament vervang het.

Grassie ·

Daardie ronde vet mannetjie het ‘n moorddadige streep in sy geaardheid – hy het al ‘n hele klomp mense laat teregstel. Wat kommerwekkend is, is dat hy oor kernwapens beskik en dit lyk of hy jeuk om dit te gebruik.

JJ Blom ·

Ons gaan n aansienliker kleiner kabinet he as hy ons president was, maar aan die anderkant is hy met lug-afweer kanonvuur tereggestel en ek glo nie ons weermag beskik oor werkende toerusting of ammunisie nie???

jacquesj ·

Gevaarlike manetjie daai hy sal darm vinnig ons land se probleme hier kan oplos.

Peet Schabort ·

Wys jou net hoe almal in hul spoor moet trap. Die geringste foutjie en jy is bokveld toe. In sy geval is hy letterlik in sy kanon in geblaas of die kanon in hom in.
Met die afsterwe van sy pa het die land letterlik gehuil dat die byle huil.
Arme man, het daar iets oorgebly van hom?

Petrus ·

Alle rasse in Suid Afrika het die reg op lewe,volgens die land se grondwet

Anneke Louw ·

Sekere kommentare, ons het hom hier nodig, hy sal ons land se probleme vinning oplos, ens. hoort nie op Maroela Media nie. Dit gee die indruk dat Maroela Media se lesers nie baie intelligent is nie.

zahn ·

Ai Anneke, ek het so baie vir jou te sê, maar ek het agv die voortudrende kragonderbrekings net nie die krag om jou aan te vat nie. Jy kort ‘n lewe. Die kommentaar waarna jy verwys, kom van mense af wat hartlik keelvol is vir die korrupsie en gemors wat hier aangaan.

VerVanRyn ·

Ek stem saam met Anneke. As julle mense dink Zuma is erg weet julle nie waarvoor julle wens. Ja dit is ‘n lekker grappie om te sê hy sal al ons slapende ministers kom uitsorteer, maar wat van al die ander goed wat hy doen? Hy laat geen persvryheid toe nie. Hy indoktrineer sy mense om te glo hy is onfeilbaar. Hy is permanent op die punt om oorlog te verklaar, maar weens sy laaste funksionerende breinsel besef hy hy het eintlik nie die mag om die Weste aan te vat nie. Hy streef na kernoorlog! WIE SOEK ‘N LEIER WAT SY MENSE IN SO ‘N GEVAAR STEL!?!?!? Dit is nie net sy ministers wat tereggestel word nie, maar die res van die bevolking ook. Hy vervolg Christene weens hul geloof. Inteendeel hy is een van die grootste vervolgers van Christenskap van ons tyd. En julle soek hom as ons leier? Bah. julle is mamparras wat nie van beter weet nie.

Marthinus ·

Al gehoor van “tong in die kies” kommentaar VerVanRyn?

Jasper ·

As mens nie eens meer tong in kies kommentaar kan lewer nie ? Voel jy nou beter Rembrandt of wat ookal ?

Sommige mense darem... ·

Marthinus en Jasper – al gehoor van “speel die bal en nie die man”? VerVanRyn is heeltemal reg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.