
ʼn Lid van die Withuis-perskorps kyk na ʼn uitgebrande motor ná veldbrande in Lahaina, Hawaii (21 Augustus 2023) (Foto: Mandel Ngan/AFP)
Minstens 1 100 mense word nog vermis, twee weke ná dodelike veldbrande in Maui, Hawaii, het owerhede Dinsdag gesê. Die FBI versoek hulp van die families om slagoffers se oorskot uit te ken.
Die brande is een van die dodelikste in ʼn eeu in die VSA. Minstens 115 sterftes is reeds bevestig, aldus die jongste voorlopige dodetal.
Lahaina, ʼn toeristedorp en tuiste van sowat 12 000 inwoners, is byna vernietig.
Duisende vermiste persone verskyn op lyste wat deur verskeie organisasies, insluitend die polisie, Rooi Kruis en skuilings saamgestel is. Die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) poog tans om die data noukeurig te vergelyk en dit te verifieer, het spesiale agent Steven Merrill Dinsdag aan verslaggewers gesê. Die FBI wil bepaal wie presies nog vermis word.
Die FBI het teen Dinsdag 1 100 persone as vermis bevestig, het hy bygevoeg. Dié getal kan moontlik styg. Die organisasie het ook ʼn toegewyde inbeldiens beskikbaar gemaak en moedig familielede aan om met hulle kontak te maak.
“Ons het regtig die publiek se hulp nodig,” het Merrill gesê, veral om bykomende inligting en besonderhede van die vermiste persone te bekom.
John Pelletier, polisiehoof van Maui, het gesê owerhede verfyn die data en hoop om binne die volgende paar dae ʼn geverifieerde lys van vermiste persone te publiseer.
FBI-agente het ook DNS-monsters van die families van die vermiste persone bekom wat nie na Maui kan reis nie.
Dit is ʼn uitmergelende taak om die liggame, wat onherkenbaar in die brand vermink is, uit te ken. Tot dusver is slegs 27 van die 115 slagoffers geïdentifiseer.
“Om die DNS van die families van die vermiste persone te bekom is ʼn baie belangrike stap om die liggame uit te ken,” het Julie French, adjunkpresident van Ande, die maatskappy aan die hoof van dié operasie, gesê. Byna driekwart van die oorskot wat vir DNS getoets is, het tot dusver soekbare DNS-resultate opgelewer.”
Sonder DNS van familielede waarmee die data vergelyk kan word, is die proses tevergeefs.
Slegs 104 DNS-monsters van familielede van die vermiste persone of slagoffers is tot dusver bekom.
Owerhede is angstig om persone, wat die proses wantrou, gerus te stel. “Die DNS-profiele word nie deur die FBI of die polisie behou nie,” het Andrew Martin, distriksprokureur vir Maui, gesê. “Die enigste doel waarvoor dit aangewend sal word, is om diegene wat nog vermis word, uit te ken.”
Dis skrikwekkend om te dink soveel mense is nog soek. Dit terwyl al hoe meer vrae ontstaan rondom dié brand……
Dis skrikwekkend dat daar sprake is van prosesse wat dood en verwoesting gesaai het.
Laas week het die minister gese dat dit sou nie gehelp het om die mense te waaraku nie…. ek wonder, of hulle dan ook nie hulle vriende en famielie gewaarsku het nie?
………..Oprah Winfrey se huis het geen skade nie, alles om haar afgebrand………..die res van die eiland het nie toegang tot water gehad nie want die toevoer is toegedraai en die sirenes het nooit afgegaan nie, so, hoe nou?
Alles omtrent die brande is vreemd. Arson is not climate change….