Minstens 10 dood in aanval op hotel in Mogadisjoe

Die bomaanval op 14 Oktober 2017 naby die Safari-hotel in Mogadisjoe, Somalië Foto: Xinhua/Faisal Isse

Minstens 10 persone is dood en meer as elf beseer in ʼn aanval op ʼn gewilde hotel in Somalië se hoofstad, Mogadisjoe.

Kapt. Mohamed Hussein, woordvoerder van die polisie, het gewaarsku die dodetal kan moontlik styg.

Die al-Shabab-ekstremistegroep het dadelik verantwoordelikheid aanvaar vir die selfmoordbomaanval nadat ʼn motor buite die Nasa-Hablod-hotel ontplof het. Talle politici en ander lede van Mogadisjoe se elite besoek graag die hotel.

Al-Shabab voer aan hy het ook stryders binne die hotel, waar geweerskote steeds gehoor kan word.

Die ontploffing volg twee weke nadat meer as 350 persone dood is toe ʼn vragmotor in ʼn besige straat in Mogadisjoe ontplof het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.