Minstens 108 dood ná Orkaan Matthew Haiti tref

Orkaan Matthew Grafika: The Weather Channel

Orkaan Matthew Grafika: The Weather Channel

Die minister van binnelandse sake het Donderdag bevestig minstens 108 mense is reeds dood nadat Orkaan Matthew Haiti getref het.

Die orkaan het in krag toegeneem en is tans ʼn kategorie 4-storm met winde tot 220 km/h terwyl dit op die ooskus van Florida in Amerika afpyl.

Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum het gesê om 11:00 (1500 GMT) beweeg Matthew teen ʼn spoed van 22 km/h in ʼn noordwestelike rigting, en die oog van die storm is tans 290 km suidoos van West Palm Beach.

Intussen het honderde duisende mense reeds hul huise in Florida ontruim.

Rick Scott, goewerneur van Florida, het gesê dié staat kan die “grootste ontruiming ooit” beleef. Ongeveer 2 miljoen mense van Florida, Georgia en Suid-Carolina, word aangemoedig om na die binneland te beweeg.

Nathan Deal, goewerneur van Georgia, het 522 000 inwoners van ses kusstede aangemoedig om vrywillig te ontruim.

Beamptes by die grootste lughawens in Florida het Donderdag gesê hulle monitor toestande en sal waarskuwings uitstuur van vertragings of kansellasies. Fort Lauderdale Internasionale Lughawe het planne aangekondig om om 10:30 te sluit. Beamptes het reisigers aangemoedig om hul vlugplanne met individuele lugrederye te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.