Minstens 118 dood in tronk-oproer

(Foto: Fernando MENDEZ/AFP)

Oproer in ’n gevangenis in Ecuador het tot die dood van minstens 118 gevangenes gelei.

Van die gevangenes is onthoof toe mededingende dwelmbendes, onder meer gewapen met gewere en granate, slaags geraak het.

Minstens 86 gevangenes is beseer, van wie ses kritiek beseer is. Die oproer het Dinsdag by die gevangenis in die hawestad Guayaquil uitgebreek. Die gevangenes wat betrokke was, het vermoedelik bande het met Mexikaanse dwelmbendes.

Die polisie kon eers teen Donderdag daarin slaag om weer beheer oor die gevangenis te kry. Dit het meer as 900 polisiebeamptes gevat om orde te herstel.

Minstens twee polisiebeamptes is ook tydens die voorval beseer. Soldate is ook buite die gevangenis ontplooi waar familielede van gevangenes bymekaargekom het en gewag het op nuus van hul geliefdes.

Volgens die plaaslike nuusblad Primicias het die geweld ontstaan toe een bende die verjaardag van een van hul leiers gevier het en gespog het oor hul beheer oor die gevangenis. Dit het glo tot woede van mededingende groepe elders in die tronk gelei.

In reaksie op die oproer, het die regering ’n noodtoestand afgekondig ten einde die burgerregte van gevangenes op te skort en om die weermag te kon gebruik om orde te herstel. President Guillermo Lasso het Guayaquil Woensdag besoek.

Meer as 230 gevangenes is reeds vanjaar in tronkgeweld in Ecuador dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Hulle moet almal tronk toe stuur…..nee wag…..hulle is al klaar in die tronk!

PersHeks ·

En hier het ek gedienk dis net in Suid-Afrika wat daar geen wet en orde is nie!

Racheltjie Debeer ·

Hoe kry gevangenes vuurwapens en handgranate in die hande?

Kokerboom ·

Plaas al die SA bendes in tronke dat hul mekaar daar uitsorteer en so arme gemeenskappe spaar van dood en verdriet

Swerwer ·

Genade , dwelms bende in tronk! Nee wat, geen genade nie, hul vernietig mense om hul se lewens.

Heinrich ·

Die dwelms tas mense se koppe aan; hulle was nie rehabiliteerbaar nie so die wêreld is beter af.

Pablo ·

Zuma sal binnekort na Ecuador te vertrek om met die ondersoek te help, he he he eeeeee

Cherokee ·

‘burgerregte’ vir tronkvoëls klink soos Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.