Minstens 135 beseer in Frankryk-betogings

Betogers loop deur traangas tydens betogings in Parys (8 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Rafael Yaghobzadeh)

Frankryk se minister van binnelandse sake het Saterdagaand gesê gewelddadige betogings in Parys is “onder beheer”, ondanks gespanne situasies wat in sekere dele voortduur.

Minister Christophe Castaner het gesê 135 persone, insluitend 17 polisiebeamptes, is Saterdag in die betogings beseer. Hy het gesê “uitsonderlike veiligheidsmaatreëls” het daartoe gelei dat die polisie byna 1 000 persone aangekeer het wat tans in aanhouding is.

Volgens hom het ongeveer 10 000 Geelbaadjie-betogers Saterdag aan betogings in Parys deelgeneem, en ongeveer 125 000 betogers landswyd. Hulle het winkelvensters gebreek en brande in en om Parys gestig.

Polisiebeamptes moes van traangas gebruik maak om die betogers in die hoofstad te beheer.

Betogers het ʼn groot banier rondgeswaai en versoek dat pres. Emmanuel Macron moet bedank en ʼn noodverkiesing gehou moet word. Die Geelbaadjie-betogings het aanvanklik begin as weerstand teen ʼn verhoging in die brandstofprys, maar selfs ná Macron die verhoging laat vaar het, het die betogings voortgeduur.

Die polisiehoof van Imperia, ʼn noordwestelike kusdorp in Italië, het gesê Franse Geelbaadjie-betogers het die grens met Italië naby Ventimiglia versper. Die Italiaanse nuusagentskap ANSA het berig polisiehoof Cesare Capocasa het gesê die betoging het Saterdagmiddag tot ʼn 6 kilometer lange verkeersknoop in albei rigtings gelei. Hulle was “op die toneel om die situasie te beheer”.

Belgiese polisie moes ook van traangas en waterkanonne gebruik maak om Geelbaadjie-betogers, wat polisiebeamptes naby die land se regeringskantore en die parlement met klippe bestook het, te beheer. Die betogers het verkeersligte en aanwysingsborde gevandaliseer naby ʼn polisieversperring wat toegang tot eerste minister Charles Michel beperk het. Die betogers het versoek dat Michel bedank. Hulle het klippe, vuurwerke, fakkels en ander voorwerpe na die polisiebeamptes geslinger.

Ilse van de Keere, woordvoerder van die polisie in Brussel, het gesê ongeveer 400 betogers het in die gebied bymekaargekom. Ongeveer 100 persone is in aanhouding, talle op aanklag van die besit van gevaarlike voorwerpe soos vuurwerke of klere wat as beskerming gebruik kan word wanneer hulle met polisiebeamptes bots.

Ongeveer 100 betogers het op ʼn vreedsame wyse in Nederland buite die parlement in Den Haag bymekaargekom. Minstens twee betogers is in aanhouding in Amsterdam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magrietha ·

Hoekom will mense alles vernietig as hulle,hulle sin nie kry nie so onnodig.Nou moet mense seer kry.En goed word vernietig

Attie ·

Ek keur geweld af, maar ek dink ons lewe in ‘n tyd waar die een wat die hardste skree, gehoor word. Die betogers is van mening dat daar nie na hulle geluister word nie, en daarom moet hulle meer aandag probeer trek om gehoor te word.

Twakkie ·

Die linkse globalistiese elite se totale negering van gewone burgers se regte het nou uiteindelik vir laasgenoemde te veel geword. Macron en ander dryf hul linkse agenda van oop grense en herverdeling van rykdom via belaglike “groen” maatreëls en wette nou al net te lank en net te ver. Gewone mense se regte is te lank onderdruk deur die tirannie van politieke korrektheid wat die linkse hoofstroommedia oral afdwing. Die woede van veronregting móés een of ander tyd oorkook en nou het dit.

ZAR ·

Dis vir my te interessant hoe die fotos by ons kom met plakkate wat onleesbaar/uitgevee is.

Pro-Geelbaadjie ·

Dis mos hoe dit gedoen word! Hulle gee hul eie regering bloedneus. Die pertoprys verhoging is laat vaar deur hul regering agv hierdie oproer. In SA eet ons als vir soetkoe op – verhogings v kragrpyse, tolgelde, pertol, rente, kos, vleis, BTW enes ens ens ens. Ons kan gerus ‘n les leer by mense wat onwrikbaar glo i hulle regte soos hierdie geelbaadjies – ons behoort ons te skaam dat ons boonop dit alles goedsmoeds aanvaar dat die SA regering besig is om die diefstal van wit grond te wettig en ons eet dit maar net op. Te bang vir strate toe gaan, te bang vir opstaan en veg vir ons regte, te bang vir alles, net kla kla kla en verder doen ons niks, te bang, ons word uitgemelk, gestoomroller en soos vloerlappe behandel maar ons eet dit maar op

Anti-Hypocrite ·

So julle almal wat die protes deur die geelbaadjies goed praat moet volgende keer as daar in SA betoging is wat met geweld gepaard gaan, julle monde hou. Klomp hypocrites as jy my vra…..

Donald ·

Die protes is teen globalisme, Die mense word so erg getaks om te betaal vir immigrante dat hulle nie meer kan lewe nie. Die Franse het nie gestem vir oop grense nie. Die oopgrens belyd kom van die EU af wat nie demokraties verkies is deur die mense op die grond nie.

Merkur ·

Geen verrassing nadat die laventelhaan in die eerste 3 maande van presidentskap 26 000 EUR staatsgeld vir make-up uitgee nie. En dan nog die belasting vir ryk mense verlaag en die belasting vir arbeiders en middelklas verhoog. Die linkse globalis- en hoog-finansies marionette het die Franse lekker om die bos gelei by die presidentskapsverkiesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.