Minstens 14 Koerde dood in Turkse betogings

'n Groep Koerdiese betogers beset die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement op 6 Oktober 2014 Foto: Al Jazeera (EPA)

‘n Groep Koerdiese betogers beset die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement op 6 Oktober 2014 Foto: Al Jazeera (EPA)

Minstens 14 Koerdiese betogers is dood en talle beseer tydens betogings in Turkye teen Turkye se versuim om die Koerde in die Siriese stad Kobani te hulp te snel.

Die IS is in die proses om die stad op die Turkse grens te verower.

Die Koerde het ook met fundamentalistiese Islamiete handgemeen geraak.

Die betogings maak deel uit van protesaksies van Koerde in Ballingskap in verskeie Wes-Europese lande. Kort na betogers die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement beset het, het ander die mediasentrum van die Europese parlement In Brussel beset. In Duitsland het Koerde en Islamiete ook slaags geraak.

Bronne: Trouw, de Standaard

Lees meer oor die Islamitiese Staat op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.