Minstens 2 000 wedvlugduiwe sterf in brand

Argieffoto (pixabay.com)

Minstens 2 000 wedvlugduiwe van oor die wêreld heen het omgekom in ʼn brand in Indiana in die VSA.

Jim en Kelly Ward, eienaars van Hoosier Loft, het gesê die brand het Saterdagaand laat of vroeg Sondagoggend op die perseel in Wanatah, ongeveer 96 km oos van Chicago, uitgebreek. Die egpaar is die organiseerders van die Hoosier Classic Race, ʼn internasionale kompetisie wat as een van die grootstes vir wedvlugduiwe beskou word.

Die finale wedren sou Maandag plaasgevind het. Die prysgeld beloop $500 000 (ongeveer R7,4 miljoen) vir die wenner.

Die egpaar het gesê hulle is “heeltemal verslaan” deur die brand. Vier van die gesin se honde het glo ook in die brand omgekom.

Adam Dunn, administrateur van die Suid-Afrikaanse wedvlugduif-webwerf, PigeonUniverse, het dit as “die grootste hedendaagse ramp” in die wedvlugduif-bedryf beskryf. “Ons innige meegevoel aan die bestuur en almal wat duiwe na die wedstryd gestuur het.”

Adam Dunn, administrator of the South Africa pigeon racing website PigeonUniverse, said Sunday following the fire that it was the “greatest modern-day pigeon disaster.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. LaPorte-owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Katrice ·

Vreeslik!
Met respek aan ou legendes in die Duiwe Wedvlug Wêreld soos Dirk Jordaan, Douglas Momberg en Prof Tinus Nel.

San ·

Dis nou regtig tragies. Wat di arme duiwe moes deurmaak om te probeer ontvlug.

Joon ·

Shoe dit is Baie hartseer en groot verlies. Dink aan egpaar wat die wedvlug gereel het. Hulle moet verpletter wees. Sterkte

Erica ·

Elke keer as ek van so ‘n tragedie hoor sterf ‘n stukkie van my siel. Dit is tragies en bitter hartseer verby.

Arend ·

Dit gebeur nogal gereeld met duiwehokke. Hoop nie ‘n gierige ou is agter die geld aan nie om kompetisie te elimineer nie en die hokke aan te steek nie. Veiligheidsmaatreëls is swak. Laat my dink op ‘n stoetveeveiling waar een boer ‘n ander boer se koei met opset ureum gevoer het. Toe vrek die koei waarvan baie gehou het.

Alta ·

Waar daar diere in hokke is moet daar toesig wees. Tragies. Slaap nie vannag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.