Minstens 20 dood in Nepal-busongeluk

Die busongeluk in Chitwan, Nepal op 26 Augustus 2016 Foto: Tilak Ram Rimal/THT

Die busongeluk in Chitwan, Nepal op 26 Augustus 2016 Foto: Tilak Ram Rimal/THT

Minstens 20 persone is Vrydag dood en 17 beseer toe ʼn bus in Nepal die pad verlaat en in ʼn rivier beland het.

Polisiebeamptes het gesê die bus het ongeveer 100 meter ver teen ʼn helling afgerol en in die vinnigvloeiende Trishuli-rivier in Chitwan, ongeveer 120 km wes van Katmandu, beland.

Inwoners en polisiebeamptes het die beseerdes gehelp en hulle uit die wrak gehaal, wat grotendeels onder die water was.

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Padongelukke in die bergagtige Nepal word hoofsaaklik toegeskryf aan voertuie en paaie wat nie in stand gehou word nie.

Minstens 26 persone is vroeër vandeesmaand ook in ʼn busongeluk in Nepal dood toe ʼn passasiersbus op 15 Augustus ongeveer 300 meter ver na benede gestort het. Die bus was van Katmandu na Dolalghat op pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Hierdie busongeluk laat ‘n mens onwillekeurig terugdink aan die Westdene busramp waar daar soveel skoolkinders oorlede is. Ek het nie een van daardie skoolkinders geken nie, maar so iets maak ‘n mens baie hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.