Minstens 20 dood na geboue in Indië ineenstort

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Minstens 20 mense is dood nadat twee geboue in Indië ineengestort het.

Die een gebou het Saterdag naby Chennai in die suide van Indië ineengestort na hewige reën. Die 12-verdieping gebou was nog in aanbou. Minstens nege mense is dood.

Volgens die polisie is 28 konstruksiewerkers reeds uit die puin gered terwyl daar steeds na oorlewendes gesoek word.
Twee direkteure van ‘n konstruksiemaatskappy is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Intussen is minstens 11 mense dood nadat ‘n vier-verdieping gebou vroeër Saterdag in Nieu-Delhi ineengestort het.

Volgens die polisie word meeste geboue in die omgewing sonder toestemming opgerig en word daar van swak gehalte boumateriaal gebruik gemaak.

In April verlede jaar is 74 mense dood nadat ‘n agt-verdieping gebou in Moembaai ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.