Minstens 220 dood tydens Mekka-stormloop

Argieffoto van pelgrims rondom die Kabaa in die Grand Mosque Foto: AP

Argieffoto van pelgrims rondom die Kabaa in die Grand Mosque Foto: AP

Minstens 220 persone is dood en 450 beseer in ʼn stormloop tydens een van die laaste rituele van die Hajj-seisoen.

CNN berig die stormloop het tydens ʼn ritueel plaasgevind waartydens “die duiwel gestenig word”.

Honderde persone is al die afgelope paar jaar tydens dié seremonie oorlede.

Brig.genl. Mansour al-Turki, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het die stormloop bevestig.

Die burgerlike verdedigingsowerheid het op Twitter bevestig meer as 4 000 reddingswerkers en meer as 200 noodreddingsvoertuie is na die toneel ontbied.

Tydens die ritueel, wat oor minstens twee dae strek, bestook pelgrims, volgens Moslem-tradisie, drie pilare met klippe, as ʼn uitbeelding van die geleentheid toe Abraham ‘die duiwel gestenig het’ toe hy sy versoeking weerstaan het om nie gehoor te gee aan God se bevel om sy seun te offer nie. God het vir Abraham ʼn ram gegee om in die plek van sy seun te offer.

Donderdag is die derde dag van die Hajj.

Maroela Media het vroeër berig 107 persone is dood toe ʼn konstruksiehyskraan deur die dak van die Grand Mosque in Mekka geval het, 10 dae voor die aanvang van die Hajj.

Meer as 2 miljoen Moslems van dwarsoor die wêreld woon jaarliks aan die Hajj-pelgrimstog deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Mens kan nie verwag dat as jy die duiwel met klippe gooi, hy nie gaan terug gooi nie. En wanneer gaan mense besef dat dit als nie sy skuld was nie .. hel die ou was nog nooit eers `n kans gegee om sy kant te stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.