Minstens 27 dood in aanval by Tunisiese strandoord

Foto: Mosaïque FM/Facebook

Foto: Mosaïque FM/Facebook

Minstens 27 mense is doodgeskiet in  ʼn aanval by ʼn strandoord in Sousse, Tunisië.

Mohammed Ali Aroui, woordvoerder van die Tunisiese departement van binnelandse sake, het gesê een van die beweerde aanvallers is in  ʼn skietgeveg met veiligheidsmagte doodgeskiet. Volgens hom het twee aanvallers een van die hotelle binnegegaan en op vakansiegangers losgebrand.

Die meeste van die slagoffers was glo Britse en Duitse burgers. Gary Pine, ʼn Britse toeris wat op die strand was, het gesê hy harde geluide soos klappers gehoor, gevolg deur ʼn ontploffing. “Daar was ‘n massa-uittog van die strand af,” het hy aan Sky News gesê. Volgens Pine het sy seun gesien hoe iemand op die strand geskiet word. Pine het gesê vakansiegangers het hulself in hul hotelkamers toegesluit.

Sousse is sowat 150 km van die hoofstad, Tunis, en is ʼn gewilde vakansiebestemming vir Europeërs sowel as Tunisiërs. In Maart vanjaar is 22 mense in ʼn aanval by ʼn museum doodgeskiet.

David Cameron, Brittanje se eerste minister, het gesê die land se krisiskomitee, COBRA, sal later Vrydag vergader om die aanvalle in Frankryk en Tunisië te bespreek. In Frankryk het ʼn man met sy motor in gashouer by ‘n gasmaatskappy vasgery en het dit ʼn ontploffing veroorsaak. ʼn Onthoofde lyk is by die ingang van die maatskappy gevind. Dit is nie duidelik of die onthoofde lyk in die motor was en of die persoon op die perseel vermoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

“Aanvallers”? Eerder terroriste. Van die laagste vorm van menswees om jou eie doelstellinge tot uitvoer te bring ten koste van mense wat NIKS te doene het met jou koeksister-brein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.