Minstens 27 dood in Japannese aardverskuiwings

Die gevolge van ‘n aardverskuiwing. Foto AP

Die gevolge van ‘n aardverskuiwing. Foto AP

Minstens 27 mense is dood en verskeie word nog vermis nadat hewige reën aardverskuiwings in die omgewing van Hiroshima in Japan tot gevolg gehad.

Premier Shinzo Abe het sy vakansie onderbreek en noodreddingswerkers na die area gestuur. Sowat 600 milimeter reën het Woensdagnag teen ‘n tempo van 100 millimeter per uur oor die gebied uitgesak, nadat dit al die afgelope paar dae goed gesous het. Alle vorige reënvalrekords het in die slag gebly.

Abe het aan joernaliste gesê so ‘n neerslag is nog nooit in Japan ervaar nie, en boonop kan nog reën verwag word.

‘n Aardbewing van 5,1 op die momentgrootheidskaal het 41 kilometer van Nemuro in Japan voorgekom.

Bronne: Belga, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.