Minstens 29 beseer in New York-ontploffing

'n Straat is afgesper na 'n ontploffing in die Chelsea-buurt in Manhattan, New York City op Saterdag, 17 September 2016. Foto: Xinhua/Li Muzi

‘n Straat is afgesper na ‘n ontploffing in die Chelsea-buurt in Manhattan, New York City op Saterdag, 17 September 2016. Foto: Xinhua/Li Muzi

Minstens 29 mense is beseer nadat ʼn ontploffing Saterdagaand die Chelsea-buurt in Manhattan, New York City, geruk het.

Volgens die stad se brandweerdienste is 29 mense beseer, van wie een baie ernstig. Altesaam 24 van die beseerdes is in die hospitaal opgeneem.

Die ontploffing het omstreeks 20:30 op die besige 23ste Straat plaasgevind. Die ondergrondse metrotreindienste in die gebied is opgeskort of treine moes na ander roetes herlei word ná die ontploffing. Volgens nuusberigte is daar aanduidings dat die ontploffing binne ʼn mobiele vullisblik gebeur het. Volgens die polisie is “moontlike sekondêre bewyse” in 27ste Straat gevind, maar die ondersoek duur voort.

Volgens Bill de Blasio, New York-burgemeester, is daar in dié stadium geen aanduiding dat die voorval met terreur verband hou nie. Hy het egter gesê die ontploffing was “met opset” en het dit as “ʼn baie ernstige voorval” beskryf.

Die ontploffing volg ure nadat ʼn bom wat in ʼn vullishouer in New Jersey versteek was, ontplof het. Hierdie ontploffing het op die roete van ʼn plaaslike liefdadigheidswedloop plaasgevind, maar niemand is beseer nie. De Blasio het gesê daar is tans nog geen aanduiding dat die twee ontploffings met mekaar verband hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

Ja en net gister alleen is ontrent 50 mense in SA vermoor…ons hoor nie eers van dit nie !

Johanna Botha ·

Queen dit is baie duidelik dat Suid Afrika n groot probleem het met die uiters hoë moordsyfer en is almal baie bekommerd oor die situasie. Skokkend is hoe min daar wel aan gedoen word en hoe dit toegeneem het, veral ook die verkragting in Suid Afrika wat so totaal uit beheer is. Die verhouding tot ander lande se insedente maak eintlik dat ons in n veel erger sistuasie verkeer as sekere lande bv. in die middeooste .Ek dink ons het al so gewoond geraak aan dit dat ons dit nie meer sien vir wat dit is nie …dis n mense slagting op n daaglikse basis boksie of nie boksie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.