Minstens 31 dood in China-bomontploffings

BomaanvalMinstens 31 mense is dood en ‘n onbekende aantal gewond toe twee voertuie Donderdagoggend tussen klante in ‘n mark in Xinjiang, China, ingery en ontplof het. Volgens ooggetuies is verskeie ontploffings gehoor.

Die jongste aanval het in Ürümqi, die hoofstad van Xinjiang plaasgevind. Die provinsie is die tuiste van die Islamitiese volk, die Oeigoere. Die Oeigoere ervaar die Chinese bewind as verdrukkend, en die inheemse bevolking word ook deur etniese Chinese verdring.

Verskeie aanvalle op Chinese is reeds geloods, waaronder verskeie bomontploffings, mesaanvalle veral op treinstasies en ‘n selfmoord-motorbomaanval op die Tianingplein in Beijing.

In April het verskeie organisasies saamgespan om ‘n internasionale kongres in Duitsland te hou om die lot van die Oeigoere te belig. Die tema van die kongres was: “The Silenced Crimes Against Humanity: Enforced Disappearances, Arbitrary Arrests and Extra-Judicial Killings of Uyghurs in China.”

Meer kan hier gelees word.

Bronne: Trouw, AP, ABC News, UNPO

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.