Minstens 1 miljoen inwoners het Venezuela al sedert November 2018 verlaat terwyl die krisis in die Suid-Amerikaanse land voortduur, het VN-agentskappe Vrydag gesê.
Die jongste toename bring die getal emigrante en vlugtelinge van die land op ongeveer 4 miljoen te staan, ʼn verhoging van 695 000 laat in 2015, toe die opposisie se verkiesingsoorwinning konflik met pres. Nicola Maduro laat opvlam het.
Colombia is grootliks die bestemming waar ongeveer 1,3 miljoen Venezolane bly, gevolg deur Peru met 768 000, het die Verenigde Nasies se vlugtelingeagentskap (UNHCR) en die internasionale organisasie vir emigrasie (IOM) in ʼn gesamentlike verklaring gesê.
Chile, Ecuador, Brasilië en Argentinië huisves ook honderdduisende Venezolane. “Latyns-Amerikaanse en Karibiese lande doen ook hul deel om te reageer op die ongekende krisis,” het Eduardo Stein, bestuurder van UNHCR in Venezuela, gesê. “Daar kan egter nie van dié lande verwag word om daarmee voort te gaan sonder internasionale hulp nie.”
ʼn Krisisplan om 2,2 miljoen Venezolane te help is laat in 2018 van stapel gestuur. Slegs 21% van die $738 miljoen is deur lande geskenk.
Venezuela beleef ʼn massiewe ekonomiese en politieke krisis onder Maduro, wat verlede jaar ʼn tweede termyn gewen het in ʼn verkiesing wat deur meeste lede van die opposisie geboikot is. Inwoners het die lande begin verlaat te midde van hiperinflasie en voedseltekorte.
Klik hier om die VN-verklaring te lees
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Mens wil die inwoners jammer kry, maar dan MOET jy jouself afvra, het die meerderheid nie gestem vir die leier wat hulle het nie. Kyk maar net hoe stem “ons” eie mense vir hulle eie ondergang.
Dit bly net ongelooflik dat die anc nie kan leer en besef dat hulle ook besig is om dieselfde paadjie te stap as Venezuela. Moet seker toegeskryf word aan die lae % wat nodig is om te slaag op skool en Universiteit. Sukkel om deur te dring tot hulle se verstand!!!!!
Die probleem is dat vandag se jong mense wil begin met waarmee os as ouer mense vir 40 jaar gewerk het.
Sosialisme, die dood van enige staat. Maak nie saak of dit derde wereld of eerste wereld staat is nie. Sodra die slang van sosialisme in syl, so begin hy die land druk en druk tot die land nie meer kan asemhaal nie dan sluk hy die staat in kop eerste…
ANC se pelle