Minstens 41 dood tydens noodlanding

Skermgreep uit ʼn video op Instagram deur gebruiker @artempetrovich (Foto via AP)

Minstens 41 persone, insluitend minstens twee kinders en ʼn bemanningslid, is Sondag dood toe ʼn Aeroflot-vliegtuig ʼn noodlanding in Moskou gedoen het.

Ondersoekbeamptes het gesê die vliegtuig het ʼn noodlanding by Sheremetyevo-lughawe gemaak toe die vliegtuig aan die brand geslaan het.

Beeldmateriaal van die voorval wys hoe die agterkant van die Sukhoi Superjet 100 op die landingstrook in vlamme gehul is voor dit tot stilstand kom en passasiers met noodglyplanke uit die vliegtuig vlug.

Volgens ondersoekbeamptes het die petroltenk van die vliegtuig gebars toe die vliegtuig geland het. Altesaam 37 passasiers, insluitend vier bemanningslede, het die voorval oorleef. Verskeie persone het ernstige brandwonde opgedoen.

Aeroflot het gesê vlug SU1492 van Moskou na Murmansk, in die noordweste van Rusland, moes na die hoofstad se lughawe terugkeer “weens tegniese redes”. “ʼn Ondersoek is van stapel gestuur oor die voorval. Aeroflot het sy krisisbeheerspan ontplooi,” lui ʼn verklaring.

Die lugredery het bygevoeg die bemanning het alles in hul vermoë gedoen om die passasiers te red. “Aeroflot betuig sy innige meegevoel met die familie en geliefdes van diegene wat hul lewens verloor het.”

Die lugredery het ʼn lys van 33 oorlewendes gepubliseer insluitend vyf persone se name wat gehospitaliseer is. “Die lys is nie volledig nie en sal bygewerk word sodra verdere inligting beskikbaar gemaak word.”

Wladimir Poetin, Rusland se president, het opdrag gegee dat ʼn volledige ondersoek gedoen moet word. Hy het sy meegevoel betuig met die slagoffers.

Die vlieënier het minstens een noodoproep gestuur kort ná die vliegtuig opgestyg het, oor tegniese probleme, aldus plaaslike media. Ander berigte het aangedui die vliegtuig is deur weerlig getref.

Volgens video’s wat aanlyn gepubliseer is, was daar paniek aan boord toe die regterkantste vlerk aan die brand geslaan het.

Talle oorlewendes is vir rookinaseming behandel en ander vliegtuie is na verskillende lughawens herlei.

Die Sukhoi Superjet 100 is die trots van die Russiese lugvaartbedryf. Dit is die eerste nuwe Russiese vliegtuig sedert die einde van die Sowjet-Unie en is in 2011 vir vlugte goedgekeur. Die staatsbeheerde lugredery Aeroflot het laat in 2018 aangekondig dat hulle nog 100 van dié vliegtuie aangekoop het. Daar was egter verskeie berigte van tegniese foute en ander voorvalle en verkope het verlangsaam. Altesaam 45 persone is in 2012 in Indonesië dood tydens ʼn demonstrasievlug.

Die vliegtuig wat in Sondag se ongeluk betrokke was, is al sedert 2017 in diens en ʼn inspeksie op die vliegtuig is in April gedoen, aldus die nuusagentskap Tass.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

J ·

Die pilot het nogsteeds vrek goed gedoen om te kon land, en die verlies tot minimum te hou. Tragedie.

Hani ·

J…
Ek stem saam jou.
Die “Pilot” het onder hierdie warm omstandighede KOEL kop gebly.
Hy/Sy is beslis uiters bekwaam

Nel ·

As ek na die fotos kyk kan ek amper nie glo dat daar passasiers is wat dit oorleef het nie. Aaklig, hoop maar die loods is een van die vier bemanningslede wat die ongeluk oorleef het.

Hansie Slim ·

As daar reeds probleme was hoekom het hulle aanhou met die vliegtuig se gebruik? Boeing was met hul 737 X wêreldwyd gestop!!

Chris Ws ·

Roberto the EFF wont come anywhere near winning.I guarantee you that! But hats off to the pilot of this desaster flight.He did an amazing job just getting the plane back t the airport and back on the ground otherwise all on board wouldve died.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.