Minstens 42 sterf in hittegolf

'n Vakansieganger op 'n strand in Suez, 127 kilometers oos van Kaïro in Egipte (9 Augustus 2015) Foto: AP Photo/Amr Nabil

‘n Vakansieganger op ‘n strand in Suez, 127 kilometers oos van Kaïro in Egipte (9 Augustus 2015) Foto: AP Photo/Amr Nabil

Minstens 42 persone, insluitend ʼn pasiënt van Duitsland, is reeds die afgelope drie dae dood tydens ʼn hittegolf in Egipte.

Die hittegolf teister die land al sedert laat in Julie. Somers in Egipte is gewoonlik warm, maar die temperatuur het vandeesweek 44 grade Celsius gehaal. Die ministerie van gesondheid het gesê 21 mense is Sondag dood, toe die temperatuur 40 grade Celsius gehaal het. Altesaam 19 mense, hoofsaaklik bejaardes, is Maandag dood. ʼn Persoon van Duitsland, wat in Luxor gebly het, is Dinsdag dood. Volgens die amptelike nuusagentskap MENA was hy in sy 60’s. ʼn 62-jarige Egiptenaar is ook Dinsdag dood.

Altesaam 26 van die sterfgevalle was in Kaïro, waar ongeveer 18 miljoen inwoners bly. Drie persone is by ʼn psigiatriese hospitaal nood van Kaïro dood. Drie persone het in ʼn gevangenis in Kaïro gesterf, het ʼn persoon gesê, op voorwaarde dat hy anoniem bly, aangesien hy nie gemagtig is om met verslaggewers te praat nie.

Tronke en aanhoudingsfasiliteite in Egipte is gewoonlik oorbevolk.

Buiten die hittegolf het woonbuurte in Kaïro Dinsdag ook ʼn groot kragonderbreking ervaar wat ʼn paar uur lank voortgeduur het. Die ministerie van elektrisiteit blameer die kragonderbreking op die toename in verbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.