Minstens 50 dood, honderde beseer tydens stormloop in Ethiopië

Betogings in Ethiopië (Oktober 2016) Foto: @sunokhabar, Twitter

Betogings in Ethiopië (Oktober 2016) Foto: @sunokhabar, Twitter

Minstens 50 persone is Sondag dood en honderde beseer in ʼn stormloop tydens ʼn betoging teen die regering in Bishoftu, ongeveer 40 km suidoos van Addis Ababa, Ethiopië.

Die stormloop het in een van die land se mees sensitiewe streke, Oromia, plaasgevind, wat die afgelope paar maande dodelike betogings beleef het vir meer vryheid. Die stormloop het tydens die Irreecha- godsdienstige fees plaasgevind.

Die polisie het gepoog om die betogers te laat verdaag wat krete teen die regering geskree het terwyl hulle al hoe nader aan die verhoog beweeg het. Van die versperrings is gebreek waar beamptes en godsdienstige leiers hul toesprake gemaak het. Al hoe meer mense het by die betoging aangesluit en hoe nader hulle aan die owerhede gekom het, het hulle klippe en bottels na hulle begin gooi. Die polisie het ingegryp en met rubberkoeëls op die skare losgebrand. Die polisie het ook van traangas gebruik gemaak om die skare te laat verdaag.

Ooggetuies het gesê toe die polisie die traangas gebruik en in die lug geskiet het, het ʼn stormloop begin en party persone het in ʼn sloot gespring.

Die Ethiopiese regering het nog nie die dodetal bevestig nie, maar het gesê “verskeie mense is dood en ander is beseer”. Die opposisie het gesê minstens 50 persone is dood.

“As gevolg van die chaos, het persone gesterf en verskeie beseerdes is na ʼn hospitaal geneem,” het die departement van kommunikasie in ʼn verklaring gesê, sonder om getalle bekend te maak. “Diegene wat verantwoordelik is, sal vervolg word.”

Merera Gudina, voorsitter van die opposisieparty Oromo Federalist Congress, het aan Reuters-nuusagentskap gesê minstens 50 persone is dood tydens die stormloop.

Die regering en opposisiepartye het gereeld verskillende weergawes van die aantal slagoffers tydens betogings wat al die afgelope twee jaar sporadies in Oromia voorkom. Volgens die New York-agentskap, Human Rights Watch, is minstens 500 persone al dood sedert die betogings in November verlede jaar begin het.

Irreecha is ʼn antieke fees en vind twee keer per jaar plaas sedert die totstandkoming van die Oromo as ʼn nasie. Die Oromo-nasie is Oos-Afrika se grootste etniese groep vir sy kulturele, geestelike en maatskaplike waardes.

In Ethiopië, waar die grootste hoeveelheid Oos-Afrika Oromo bly, vind Irreecha in Oktober plaas, wanneer die somerreënseisoen tot ʼn einde kom. Miljoene Oromo kom jaarliks by Hora Harsadii (Hora-meer) in Bishoftu bymekaar vir ʼn danksegggingsfees aan Waaqaa (god), en versoek Nagaa (vrede), Finnaa (die ontwikkeling van verstand en liggaam), Walooma (samehorigheid of harmonie) en Araaraa (versoening).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jennefer ·

Nog n paar jaar van ANC regering…….Hallo Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.