Minstens 50 dood ná Orlando-skietery

Orlando-polisie bevestig die skietery by Pulse-nagklub in Orlando, Florida (Orlando-polisie, Twitter)

Orlando-polisie bevestig die skietery by Pulse-nagklub in Orlando, Florida (Orlando-polisie, Twitter)

Minstens 50 mense is dood en 53 beseer ná ʼn skieter vroeg Sondagoggend by ʼn nagklub in Orlando, Florida, losgebrand het.

Die skieter, Omar Mateen van Port St. Lucie, Florida, is dood tydens ʼn skietery met die polisie.

Dit is die ergste massaskietvoorval in die geskiedenis van die VSA.

Owerhede ondersoek dit glo as ʼn terreuraanval.

Minstens 53 persone is in die hospitaal opgeneem, waarvan meeste in ʼn kritieke toestand is. ʼn Chirurg by die Orlando-streekshospitaal het gesê die dodetal sal waarskynlik styg.

Burgemeester Buddy Dyer het gesê al die persone wat gesterf het, is deur die aanvalsgeweer getref. “Daar is bloed oral,” het Dyer gesê.

Die verdagte het omstreeks 02:00 op ʼn beampte geskiet wat by die gay nagklub, Pulse, gewerk het. Meer as 300 mense was in daardie stadium binne die klub. Die skieter het daarna in die klub ingegaan en verskeie persone gyselaar gehou, het John Mina, hoof van die polisie, gesê.

Owerhede het omstreeks 05:00 ʼn SWAT-span gestuur om die gyselaars te red.

Jackie Smith, wat in die klub was, het gesê haar twee vriende, wat langs haar gestaan het, is geskiet. “ʼn Ou het ingestap en op almal begin skiet. Hy het ʼn outomatiese geweer gehad, niemand het ʼn kans gestaan nie,” het Smith gesê. “Ek wou net daar wegkom.”

Die skieter het, buiten die vuurwapens, ook glo ʼn “verdagte toestel” by hom gehad, het Mina gesê.

Owerhede stel ondersoek in of dit ʼn plaaslike of internasionale terreuraanval was en of die skieter alleen opgetree het, volgens Danny Banks, ʼn agent van die Florida-polisie.

FBI-agent Ron Hopper het gesê daar is geen verdere bedreiging vir Orlando of die omliggende gebied nie. Hopper het gesê owerhede stel ondersoek in of die skieter verbind kan word met radikale Islam-terreur.

Vriende en familielede van die slagoffers het buite die hospitaal saamgedrom om te hoor of hul geliefdes beseer of oorlede is.

Smith het nie geweet in watter toestand haar vriende is nie. Sy het in trane uitgebars toe sy by die hospitaal uitgekom het.

Een van die beseerdes is ʼn polisiebeampte wat beserings in sy gesig opgedoen het.

Die polisie het vroeër op Twitter gesê daar was ʼn “beheerde ontploffing” op die toneel. Mina het gesê die geluid was om die skieter se aandag af te trek.

ʼn Vrou was Sondagoggend vroeg buite die klub om haar 30-jarige seun, Eddie, te kontak. Hy het ʼn SMS aan haar gestuur toe die skietery begin het en versoek dat sy die polisie moet ontbied. Hy het gesê hy en ander klubgangers het by die badkamer ingehardloop om weg te kruip. Hy het daarna weer ʼn SMS gestuur: “Hy is op pad.” En daarna: “Hy het ons, hy is hier binne saam met ons.”

Volgens Mina Justice was dit die laaste boodskap.

Pulse het omstreeks 02:00 op sy Facebook-blad geskryf: “Almal kom uit Pulse uit en bly hardloop.”

Die klub het net voor 06:00 geskryf: “Sodra ons enige inligting het, sal ons almal op hoogte hou. Hou asseblief almal in julle gebede terwyl ons deur hierdie tragiese voorval werk. Dankie dat julle aan ons dink en vir julle liefde.”

Plaaslike, staat en federale agentskappe stel ondersoek in.

Pres. Barack Obama is oor die voorval ingelig en hy het versoek dat hy gereeld op hoogte gehou word met die ondersoek.

Jon Alamo het gesê hy was agter in een van die klub se vertrekke toe ʼn man met ʼn vuurwapen ingestap het. “Ek het 20, 40, 50 skote gehoor,” het Alamo gesê. “Die musiek het gestop.”

Klubganger Rob Rick het gesê die skietery het begin net voor die klub sou toemaak. “Almal het hul laaste drankies gedrink.”

Hy reken meer as 100 mense was steeds binne toe hy die skote gehoor het, op die grond geval en na die platejoggie se hokkie gekruip het. ʼn Uitsmyter het een van die afskortings in die klubarea afgebreek waar slegs personeellede toegelaat word, sodat klubgangers daardeur kon ontsnap.

Christopher Hansen het gesê hy was in die BBP-vertrek toe hy die skote gehoor het. Hy het nog steeds skote gehoor toe hy al buite was en die polisie persone versoek het om van die klub af weg te kom. Hy het gesê daar was beseerdes oorkant die straat. “Ek het gedink, ‘is dit ʼn grap?’ En ek het platgeval, en gesê, ‘asseblief, asseblief, asseblief, ek wil dit maak. En ek het gesien mense word geskiet. Ek het bloed gesien. Mens hoop en bid dat jy nie geskiet word nie.”

Maroela Media het vroeër berig Christina Grimmie (22), ʼn voormalige deelnemer aan “The Voice”, is Vrydagaand ná ʼn konsert, ook in Orlando Florida, deur ʼn 27-jarige man van Florida, wat homself doodgeskiet het, geskiet. Sy het Saterdag aan haar beserings beswyk.

– Associated Press-skrywer Eric Tucker in Washington en Terrance Harris in Orlando het tot hierdie berig bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chrisjan ·

‘n Valsvlag operasie sodat die liberale politici kan aandring op strenger vuurwapenbeheer in die VSA.

Ferdi ·

Presies – dis hoekom maroela hierna verwys as ‘n “massa skietvoorval” en nie wat dit is – ‘n radikale islamitiese aanval nie. Omtrent al die ander nuusagentskappe behalwe fox news probeer dieselfde verband skep.

Neewat ·

Onder die Obama tirannie en die moontlike Clinton opvolg daarvan is dit nie so vergesog as wat dit klink nie.

Francie ·

Wraggies né. Miskien bietjie van ‘n oorhaastige gevolgtrekking. Tog ook waar dat groep-skietvoorvalle in Amerika blykbaar meer algemeen voorkom as wat voorgegee word. Volgens statistiek wat vroeër vanjaar vrygestel is, kom skietvoorvalle feitlik weekliks voor. Ek wil net nie glo nie dat onskuldige mense opgeoffer sal word net om ‘n politieke punt te maak.

Se net ·

AG ons is ALMAL sondaars op een of ander manier dit beteken nie ons is nie gelowig nie
en niemand verdien om soos a dier dood geskiet te word nie sleg van jou on dit te skryf
En nee Ek is nie gay nie maar Bly a menslik man!!!
Sterkte aan die families

Sue ·

Dis verskriklik. So jammer vir al die slagoffers en hul families.

Frans ·

Het enige van dai mense al gedink hoe klink dit as hule met bommers van hule so leke die bome goi wat gebeur da onder op die grond mense gani net sit en ontvang ni

John ·

Ons regering glo soiets sal nie hier by ons gebeur nie… nooit ooit. Regtig??? Hier is baie radikale mense, baie mense wat verdowingmiddels gebruik wat hul oordeelsvermoe aantas en baie onwettige wapenbesit. Internet bring IS na jou huis. ‘n Bietjie baie woede, baie drank, tik en ‘n geweer = groot verdriet.

Akram ·

Genugtig. wanneer gaan die mensdom weer “normaal” word? ek self is muslim en het en kannie die tereurdade goed praat nie. dit is maklik om n daad te pleeg en dan dit onder die vaandel van Islam te plaas. dit maak nie saak of dit n gay klub was of n klooster nie. die tipe dade kan nie deur die bree spektrum muslim goed gepraat word nie, en die meerderheid is gekant teen dit. ons dink aan die families en hoop die beseerdes herstel vinning.

Gesiggie ·

Terreuraanval…. ons word gewaarsku…. Ja Yolandi, ek stem saam jou”’sonde of nie, hul verdien dit nie… dit sal nie help om te oordeel, mense se lewens is onnodig gevat… en wat van die seun Eddie wat vir sy Ma ge sms het, moes in soveel vrees gewees het, en wat moes als deur sy ma se kop gegaan het…. haar laaste kontak met haar seun… tog so jammer om te verneem van Christina… dit is skokkend om te lees van al die geweld… sterkte aan elke Familie wat n geliefde verloor het…

Piet Pompies ·

As mens na die profiel van die skieter op Google kyk is die IS band sigbaar. Jammer dat so baie mense die prys moes betaal.

vermeende ·

En dit is die suur vrug van demokrasie uitvoer.
Die VSA het die midde ooste gaan omploeg en natuurlik sal daar groepe wees wat gaan wraak neem, net jammer die verkeerde mense is altyd in die spervuur.

Louis ·

Nou kry ISIS die skuld!!! Julle laat my lag hahahahahaha……….

Joann ·

Waar is vandag die 13de se nuus?? Als is ou nuus van 10de tot 12de. Nie duplikaat nie nou eers opgesit.

Nico Strydom ·

Dagsê Joann

Dankie vir jou navraag. Volg gerus die skakel om die nuus wat vandag reeds gepubliseer is te sien. Kyk gerus na die datum wat bo-aan verskyn:
http://maroelamedia.co.za/2016/06/13/

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Cherokee ·

Dit sal steun bied aan Donald Trump en sy veldtog teen moslems.

Sam ·

Nie alle moslems behoort aan ISIS nie… Dink jou komentaar is vieslik, eensydig en defnitief die van ‘n persoon wat diskrimineer teenoor ander. Sies man.

Cherokee ·

Bin Laden was ook nie ‘n lid van Isis nie. Wat ‘n reeksmoordenaar! Boko Haram is ook nie lede van Isis nie. Wat ‘n spul moordenaars! Al-Qaeda is ook nie deel van Isis nie. Wat ‘n spul moordenaars! Hoeveel meer wil jy weet? Gaan leer bietjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.