Minstens 62 sterf in ontploffing by moskee

‘n Gewonde man word na ‘n hospitaal in Afghanistan geneem (18 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Wali Sabawoon)

Minstens 62 persone is Vrydag dood tydens ʼn ontploffing by ʼn moskee in die ooste van Afghanistan.

Die dak van die moskee in Nagarhar het as gevolg van die ontploffing ineengestort.

Attahullah Khogyani, woordvoerder vir die provinsiale goewerneur, het gesê minstens 36 persone is beseer tydens die aanval. Die oorledenes en beseerdes sluit kinders in.

Ongeveer 250 persone was in die moskee vir hul weeklikse Vrydag-gebede.

Niemand het tot dusver aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval nie en dit is nog nie duidelik waarom die betrokke moskee geteiken is nie.

Die Taliban het dit as ʼn “groot misdaad” beskryf.

Die Verenigde Nasies se bystandsmissie in Afghanistan het Donderdag gesê volgens sy jongste verslag is 2 563 burgers in die eerste nege maande van die jaar in die land oorlede weens geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik van George ·

Die geloof van “liefde en verdraagsaamheid” word nou self die teiken van terroriste.

Werner ·

Volgens die VN is daar in Afghanistan in die eerste 9 maande van 2019 , 2563 burgers dood weens geweld. Wel hier in ons ou landjie vir die afgelope 12 maande is hoeveel mense dood (vermoor) weens geweld?
net 21 022 !!!!
So Afghanistan bleik dan heel veiliger as hier as ek dit dan nie miskyk nie.

Kobus ·

Presies wat ek wou tik Werner! Die wereld weet nie van die moord syfer in die land nie.

jaco ·

hoekom val moslems ander moslems binne in n moslemland aan? Iets maak nie sin nie. Moet die aanvalle nie eerder op mense van ander gelowe gerig wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.