Minstens 7 beseer tydens skietery by Ohio-universiteit

Ohio State University (28 November 2016) Foto: @DispatchAlerts, Twitter

Ohio State University (28 November 2016) Foto: @DispatchAlerts, Twitter

Sewe persone is in die hospitaal opgeneem ná ʼn skietery Maandagoggend by Ohio State University.

Die universiteit het in ʼn reeks plasings op Twitter studente aangesê om skuiling te vind en om te “Run Hide Fight”.

Twee van die persone is in ʼn stabiele toestand, het die Columbus-brandweer gesê. Daar is nog nie verdere inligting oor die ander vyf persone nie.

Dit is nie duidelik of die skietery verby is nie.

Die universiteit se nooddiensdepartement het omstreeks 10:00 (17:00 Suid-Afrikaanse tyd) op Twitter geskryf: “Buckeye Alert: Active Shooter on campus. Run Hide Fight. Watts Hall. 19th and College.” Die wetenskap- en ingenieursfakulteite is in die Watts-saal geleë.

“Run, hide, fight” is die standaard protokol vir aktiewe skieter-situasies. Dit beteken: “Run” (ontruim indien moontlik); “hide” (kry geluidloos skuiling); of “fight” (doen stappe om die skieter te versteur indien jou lewe in onmiddellike gevaar is).

Die universiteit het later op Twitter geskryf studente kan op die noordkampus skuil. “Volg die opdragte van die polisie op die toneel.”

Die universiteit het enigiemand wat inligting het, versoek om die polisie te kontak.

Talle polisievoertuie is op die toneel. Geen ander inligting is tans beskikbaar nie.

Ohio State in Columbus, Ohio, is een van die VSA se grootste universiteite met nagenoeg 60 000 studente.

Ohio State University (Twitter-rekening)

Ohio State University (Twitter-rekening)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre vander bank ·

Was geen skietery deur aanvaller nie. Hy was met n mes gewapen, en 9 studente was beseer. Aanvaller was wel dood geskiet deur polisie. FBI tans op toneel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Andre

Dankie vir die terugvoer.
Ons sal binnekort ‘n opvolgberig hieroor doen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan ·

20 Jarige Somali Moslem aanvaller. John Kasich het hulle die universiteit ingebring. Mooi werk!

Sune van Heerden ·

Dagsê JoeV

Dankie vir jou terugvoer. Ons sal binnekort ‘n opvolgberig hieroor doen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chris ·

Die aanvaller het n motor en n mes gebruik.
Die polisie het die skietwerk gedoen.
Wereld wyd laat die media, uit opskrifte soos hierdie een dit laat lyk of daar weer n “mass shooting” was.
Kan maroela maar nie n ander opskrif kies nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Dankie vir jou terugvoer. Die inligting dat dit ‘n skieter op die kampus was, het direk van die universiteit af gekom. Ohio State University het die woorde “Buckeye Alert: Active Shooter on campus.” op Twitter gebruik. Die enigste inligting wat ons dus tot ons beskikking gehad het toe die berig gepubliseer is, is dat daar ‘n skieter op die kampus was.

Maroela Media sal binnekort ‘n opvolgberig met verdere besonderhede hieroor publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.