Minstens 80 dood in ‘terreuraanval’ in Frankryk

Die vragmotor wat in die dodelike aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die vragmotor wat in die dodelike aanval gebruik is. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Die noodtoestand wat sedert November in Frankryk van plek is, is verleng na ʼn dodelike aanval in Nice, waarin minstens 80 mense dood is.

Die bestuurder van ʼn wit vragmotor het Donderdagaand op die promenade in ʼn groot skare wat Bastilledag gevier en pas ʼn vuurwerkvertoning gekyk het, ingeploeg. Volgens BFM TV het die bestuurder vir sowat 2km die vragmotor gebruik om in mense in te ploeg. Hy het glo ook op die skare losgebrand.

Berand Cazeneuve, minister van binnelandse sake, het gesê minstens 80 mense, insluitend kinders, is in die aanval dood. Tientalle mense is beseer, met 18 mense wat glo in ʼn kritieke toestand is.

Noodvoertuie op die toneel. Foto: AP Photo/Christian Alminana

Noodvoertuie op die toneel. Foto: AP Photo/Christian Alminana

Die bestuurder van die vragmotor is deur polisiebeamptes doodgeskiet. Volgens ʼn identiteitsdokument wat in die vragmotor gevind is, was die bestuurder ʼn 31-jarige man van Tunisië wat in Nice gebly het. Dit is nog nie duidelik of hy medepligtiges gehad het nie.

Wapens en handgranate is ook in die vragmotor gevind. Die Franse president Francois Hollande het gesê die voorval word as ʼn terreuraanval ondersoek.

Hollande het Donderdag aangekondig die noodtoestand in Frankryk sal op 26 Julie opgehef word, maar sal nou vir nog drie maande verleng word.

Alle Bastilledag-vieringe is intussen gekanselleer en vlae sal halfstok hang na die dodelik aanval.

Wêreldleiers het die aanval intussen ten sterkste veroordeel en hul medelye met die slagoffers se families uitgespreek. Die nasionaliteite van die slagoffers en beseerdes is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Basson ·

Hoe gerieflik dat ID dok / paspoorte altyd gevind word, selfs in die middel van ‘n ontploffing (in ander sake as die)

Valsvlag?

Griet ·

‘n Bestuurslisensie of registrasie sou ook kon dien as dokumente wat identiteit laat blyk.

Paul ·

Weet jy hoe werk plofstof, Basson? Dis nie soos in die flieks met vreeslike bolle vlamme nie. Dit is ‘n skokgolf wat min doen aan klein, buigbare items – veral ook nog as sulke items binne ‘n broeksak of andersins beskut is.

Dit sou juis vreemd wees indien daar na ‘n ontploffing NIE dokumente gevind word nie.

Hein ·

Dit is rertig verskriklik wat gebeur het. Die gety gaan beslis teen die immigrante draai.

Pietman ·

Te laat. Hoe deporteer jy 1.5 miljoen emigrante? Merkel en die liberales van europa moet verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie aanval , ook die massa verkragtings (Cologne) en ander misdade asook alle toekomstige terreur aanvalle.

Victor ·

Merkel se ope hand het groot probleme gemaak, soos jy sê, nou is al daai immigrante daar en wie weet hoeveel van hulle is daar om moeilikheid te maak?

Cherokee ·

Beslis. Dit laat die vraag oop oor die ‘wêreldleiers wat dit veroordeel het en medelye uitgespreek het met slagoffers se naasbestaandes’, hoeveel, indien enige, praat uit moslemlande.

Elsie ·

Ek wonder net hoe lank gaan dit wees voordat so iets hier in SA gaan gebeur. Almal is mos welkom hier!

tamboti ·

Mag die wereld besef dat daar ‘n baie groot verskil is tussen ware vryheids vegters en bloedlustige terroriste. Soos ons hier in SA ervaar het.
Mag die wereld ook besef dat daar baie meer gedoen moet word om groepe in die samelewing te aanvaar en respekteer – dit is ‘n natuurlike verskynsel dat mense wat dieselfde is en voel, hulself in ‘n groep of gemaanskap wil bevind om aan hulself beskerming te gee.

Victor ·

Ek gee nie om wie noem homself ‘n “vryheidsvegter” nie – as jy vroue en kinders teiken en te bangbroek is om militere teikens aan te vat, is jy ‘n terroris, klaar en verby

chrisp ·

Net vir party mense is dit so.
Ander maak hulle presidente en Nobel prys vir vrede wenners.
Die wereld het voorwaar mal geword om alles en almal in een groet mengelmoes te wil dwing.
Europa se probleme gaan nog baie groot word .

SkarrelKind ·

Victor, ek stem 100% saam met jou. En hoe lafhartig is dit nie?! Ek sou my geskaam het om weeloses so aan te val. Die spulle is trots op hulleself. Afstootlike gedrag regtig waar.

Hasie ·

Ek stem volhartig met jou saam Victor, wie ookal verantwoordelik is hiervoor is laag en gemeen. Lafhartig en breindood, ek het nie woorde om sulke mense te beskryf nie. Jammer vir die onskuldiges wat moes sterf of seerkry.

Abbie ·

Dit is so tragies. My gebede en gedagtes by die familie lede van die oorledenes. Dit kan enige plek in die wereld gebeur. Ons werk in die buiteland en het baie me vlugtelinge te doen. Daar is baie gelowiges onder hulle en baie van die Moslems het al hier in Europa tot bekering gekom.

Chris du Plessis ·

Dit is die wortel van die probleem. Die uitverkore geslag wil al wat regop loop bekeer tot die geloof wat hulleself uit genade ontvang het terwyl dieselfde Skrif waartoe hulle al wat leef en beef wil bekeer duidelik leer “Wees Heilig, want Ek is Heilig.” Die huidige gebeure oral in die westerse wêreld is die tugtiging om die uitverkorenes te leer wie hulle is en Wie hulle hoe moet dien. Lees die Bybel en die nuwe vertalings is nie bybels nie.

Kardoes ·

Net weereens n bewys ons wereld is siek. Van Suid Afrika tot where ever, moord word gepleeg asof sit n alledaagse werk is. Maak nie saak waar jy bly nie jy is orals in gevaar. Dit is siek en dit word net erger.

Willie E ·

Victor,jy praat van 911…Kry vir jou David icke se boek “Alice in wonderland and the 911 disaster”…Baie baie interessant…dan gesels ek en jy weer oor 911….ek en jy deel dieselfde sentimente..
Groiete
Willie E

Victor ·

Willie met alle respek David Icke is stapel gek. Dis nou die ou wat glo daar is ‘n alien “reptillian” race wat ondertrou met mense? Eks sport joernalis wat sensasie gevulde snert skryf

Paul ·

Jy bedoel seker “met geen respek”, Victor. Soos jy sê – Icke het definitief nie eers meer een varkie in sy hok oor nie, behalwe as hy doelbewus die malste snert kwytraak want hy weet goedgelowiges koop dan sy boeke.

Adoons ·

Aanvaar jy die immigrante, dan aanvaar jy die probleme wat hulle in die eerste plek gedryf het om te immigreer. Die probleme in Afrika en die Midde-Ooste word deur MENSE veroorsaak en deur niks anders nie. Dink Europa werklik dat die mense hulle probleme agter sal laat wanneer hulle Europa vir hul eie lande verruil?

Al ·

Willie. Lees biekie die boek van Enoch, boek v Opregtes(Jasher) en boek v Adam1en2.
Reptilian aliens biekie verregaande maar reptilians/reuse…laat mens dink wat aangaan.

Willie E ·

Al/Victor
Dit is juis wat dit vir ons “mense” so ongelooflik maak. Ek meen,ons weet almal van die NWO en wie en wat daaragter sit. Juis is dit die “ongelooflikheid” van alles wat hulle help om tussen ons weg te raak en die onheil voort te sit. Ek wil nie regtig organisasies ens uitwys en noem nie,maar ek dink julle weet altwee waarvan ek praat. Is David Icke en ander ouens soos hy “stapelgek”?? ek wonder regtig. Erich Von Danniken?? OOk gek??Met alle respek,ek glo nie hulle is so gek as wat baie dink nie. Die wereld is vol van bewyse daaroor….Esegiel 1….dit se vir my BAIE….En ek glo beslis daar is so iets soos “reptillians”…en die reuse,Goliat was dan een…Much we feeble humans do not know….
Groetnis
Willie

Victor ·

Willie,

Ek glo nie aan die hele NWO teorie nie. Ja, ek dink regtig Icke is gek, en Erich von Daniken daarby. Mens moet maar self besluit wat vir jou sin maak. Ek begin van die neutrale posisie, en as iets nie konkrete bewyse het nie, dan steur ek my nie daaraan nie.

Zumie ·

Europa is geskiedenis. Getallegewys gaan dit ongeveer 2 na 3 geslagte vat vir Europa om sy karakter te verloor. Ons kinders se kinders sal moet burka’s dra om hulle bakermat te sien. Wat Islam nie met militere verowering kon rekry nie doen hulle nou met getalle.
En die meerderheid idiote sien skynbaar nie die skrif aan die muur nie…. tragies

Piet ·

Victor jy slaan nou die spyker op sy kom. n Aantal jare terug het ‘n ikoon wat deur die wereld aanbid word (voor en na sy dood) ‘n medalje oorhandig aan ‘n terroris wat ‘n landmyn naby Musina geplant het. Sy teiken was vrouens en kinders en sy jongste slagoffer was 3 maande oud. Ek wil nie geloof in my skrywe inbring nie, maar sulke aanvalle kom van die duiwel self en almal wat sulke misdadigers goepraat is aandadig.

Blouogies ·

Europa se naiewe en kamma liberale blou ogies is besig om oop te gaan. Hulle kom agter dat jy kan ander gelowe en kulture aanvaar, maar hulle gaan jou nie aanvaar nie.

HEVW ·

Dat een klein vroutjie Frau Merkel en n klomp liberalis so n berg van probleme kan veroorsaak. Moet egter nooit se die probleme kan nie opgelos word nie. Neem Putin as voorbeeld. Daar moet so gou as moontlik gese word tot hier toe en niks verder nie. Hulle kan en moet terug. Hier ter plaatse voel sekere vorige leiersfigure seker nie te sleg nie, want dit gaan hier darem nog nie so erg nie.

Gert ·

Victor jy is 100% reg. n Paar jaar gelede het n ander “persoon” n medalje oorhandig aan n misdadiger wat n landmyn naby Musina gestel het. Sy teiken was vrouens en kinders en sy jongste slagoffer net 3 maande oud. Mense beskou nou hierdie persone as helde. Hoe werk dit?

Cherokee ·

Piet/Gert, waarom verander sommige mense in die forum kort-kort van naam?

Piet ·

Jy kon seker aflei dan ek ook ‘n alias gebruik, maar dis mos ‘n geheim, so dit daar gelaat. Ken, volgens wat ek onthou (en wat ek later in ‘n koerant gelees het) was daar ‘n baba betrokke, maar ek het dit nou net ook gegoogle. Ek dink dit was die van Eck gesin wat oor die landmyn gery het in 1985. Sy vrou, sy 8 jarige dogtertjie en ‘n seuntjie van 2 jaar het blykbaar gesterf. As ek reg onthou was daar 2 gesinne agter op ‘n bakkie. Dis nie die enigste landmyne wat ontplof het nie en dis ook nie die enigste persone wat heldevererings ontvang het nie. Verder moet jy maar self navorsing doen. Ek hoop ek het jou gehelp.

Piet ·

Waarvan weet jy nie, die helde vereerings van terroriste of die landmyne wat in die 80’s ontplof het? Probeer dit google.

peanut ·

Kyk ek so na al die terreur wat deur ‘migrants’ veroorsaak word, het ek al meer begrip vir Trump se siening, al het ek geen ooghare vir die man.

Danie ·

Ek voel dat mens jou medemens moet help. Dink dalk aan wat in ons land kan gebeur en dan is van ons ook dalk immigrante wat ‘n veilige hawe nodig het. Ek is geensins ‘n liberalis nie en glo so ook nie Europa moet sy deure so wyd oopmaak nie, net soos Suid-Afrika en Zimbabwe. Onthou net dat ons dalk ook eendag ‘n veilige hawe kan benodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.