Minstens nege dood toe sikloon Madagaskar tref

Skoolmeisies loop deur swaar reën in Antananarivo, Madagaskar (9 Desember 2019) (Foto: AP Photo/Alexander Joe)

Minstens nege persone is dood en drie word vermis toe sikloon Belna die noordweste van Madagaskar getref het.

Elack Andriakaja, hoof van die eilandstaat se rampbestuurowerheid, het aan die dpa-nuusagentskap gesê die nege persone is dood toe hulle in die vloedwater vasgekeer was.

Staatsgeboue, paaie en huise is verwoes in die sikloon. Stormsterkte wind van tot 130 km/h is laat Maandagaand aangemeld.

Die plaaslike koerant, Midi-Madagascar, het Soalala-wetsmaker Naina Randriamisa aangehaal wat gesê het “80% van dakke is verwoes en die watervlakke styg steeds in meeste woonbuurte”.

Andriankaja het gesê ongeveer 1 472 persone word deur die vloede geraak en is dakloos gelaat omdat hul huise verwoes, beskadig of oorstroom is. Persone het tydelike skuiling gevind in laerskole, moskees en distrikskantore, maar hulle het kos nodig, het Andriakaja bygevoeg.

Die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

Die krag van die storm is besig om te verswak, aldus die weerburo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.