Minstens twee beseer tydens skietery by Texas-skool

Minstens twee persone is Woensdag beseer in ʼn skietery by ʼn hoërskool in Arlington in Texas in die VSA, het die burgemeester van dié Dallas-woonbuurt gesê.

Arlington-polisie het gesê hulle het reageer op ʼn skietery by die Timberview High School, maar nie dadelik enige verdere besonderhede verskaf nie.

Burgemeester Jim Ross het aan plaaslike media gesê minstens twee persone is beseer en die polisie “is aktief op soek na die verdagte”.

Die polisie het ʼn veilige gebied opgestel waar ouers met hul kinders herenig kon word.

Beeldmateriaal wys ʼn swaar polisieteenwoordigheid om die skool en gewapende beamptes is op die kampus ontplooi. Daar is ook brandweerwaens op die toneel.

Sowat 1 900 leerlinge is by die hoërskool ingeskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hasie

Suid Afrika is nie ver agter nie . Skool kinders kom met wapens skool toe

Jaco

Vanwaar dié skietery? Die hoogheilige Demokrate met hulle human rights en “a gun free America” is dan nou in beheer daar.