Minstens vier dood in skietery in sinagoge

Die Tree of Life-sinagoge in Pittsburgh. Foto: Google Maps

ʼn Gewapende man het  op ʼn sinagoge in die Amerikaanse stad Pittsburgh, Pennsilvanië, toegeslaan en talle mense om die lewe gebring.

Nooddienste het omstreeks 10:00 plaaslike tyd (16:00 SA tyd) by die Tree of Life-gemeente se sinagoge in die oorwegend Joodse woonbuurt Squirrel Hill opgedaag, berig die BBC.

Volgens die plaaslike polisie is talle mense noodlottig gewond voor die aanvaller hom aan beamptes oorgegee het. Hy word aangehou.

Blykbaar is vier mense doodgeskiet en nog vier gewond, onder wie twee polisiebeamptes, berig die Britse dagblad Evening Standard.

Die sinagoge se Sabbatdiens, wat om 09:45 begin, was aan die gang toe die man op gemeentelede losgebrand het het, berig CNN.

In 2010 was sowat 40% van Squirrel Hill se inwoners Joods en woon nagenoeg ’n derde van Groter-Pittsburgh se Joodse bevolking in dié voorstad. en nog 14% in die omliggende gebiede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

dit kom nou van sogenaamde onskuldige “refugees” uit moslemlande toelaat om in amerika in te kom. hulle bly net n rukkie onder die radar en dit lyk asof hulle heel goed assimileer. en dan op n dag kom hulle ware kleure na vore en begin hulle al die “sondaars” rondom hulle te straf.
Trump het darem hierdie immigrasiestroom begin stuit, maar ongelukkig het sy voorgangers die deure so wyd oopgemaak dat hierdie probleme met terreuraanvalle nog jare in Amerika sal voorkom.

Janet ·

Die skieter was nie Moslem nie en ook nie ‘n immigrant nie. Inteendeel, as mens so kyk na die oorgrote meerderheid van hierdie massaskietvoorvalle is dit vir wit, Amerikaans-gebore Christene wat mense moet bang wees.

Yankee ·

He never gave up!! He got shot numerous times by cops, and taken down. He survived.

PJC ·

Ek wonder of daar nog ń nasie in die wêreld is wat deur die eeue so gehaat en vervolg is as die jode en tog kom hulle altyd weer bo uit.

John ·

Na wie verwys jy? Verduidelik. Sulke kommentaar dien geen doel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.