Mnangagwa ‘nederig’ oor wen

Pres. Emmerson Mnangagwa. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Pres. Emmerson Mnangagwa bly Zimbabwe se president nadat hy die verkiesing met net meer as 50% van die stemme gewen het.

Mnangagwa (75) het 50,8% van die stemme op hom gevestig terwyl Nelson Chamisa (40), die opposisieleier, 44,3% van die stemme gekry het.

Maandag se verkiesing het vreedsaam verloop, maar geweld wat Woensdag uitgebreek en die lewens van minstens ses mense geëis het, het herinner aan die dekades van militêre onderdrukking onder leiding van oudpres. Robert Mugabe.

“Ons was dalk verdeeld by die stembus, maar ons is verenig in ons drome,” het Mnangagwa gesê ná die uitslae bekend gemaak is. “Dit is ʼn nuwe begin. Kom ons vat hande in vrede, eenheid en liefde en bou saam ʼn nuwe Zimbabwe vir almal.”

Internasionale waarnemers, wat voorheen nie toegelaat is om Zimbabwe se verkiesings te monitor nie, het hul kommer uitgespreek oor die weermag se “oormatige” weerstand teen mense wat Woensdag in Harare betoog het.

Nelson Chamisa. Foto: AP Photo/Jerome Delay

Die MDC se hoofverkiesingsagent het gesê sy party verwerp die uitslae. Volgens hom was die verkiesing “bedrieglik” en is “alles onwettig gedoen”.

Priscilla Chigumba, voorsitter van die Zimbabwiese Verkiesingskommissie, het ʼn beroep op die land gedoen om “aan te beweeg”.

“Mag God hierdie land en sy mense seën,” het sy gesê nadat die uitslae aangekondig is. Die strate van Harare was stil ná Mnangagwa as die wenner van die verkiesing aangekondig is. Die weermag is egter nog in die hoofstad ontplooi.

Mnangagwa, ʼn voormalige bondgenoot van Mugabe in die regerende Zanu-PF, het oorgeneem ná Mugabe bedank het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

‘n Mens kan baie praat en dinge belowe maar wys my deur Jou dade en optrede dat Jy regtig bedoel het wat Jy gesê het !

Rupert Ashford ·

50.8% Ha-ha!!! Amper soos die aardverwarming syfers wat “homogenise” word!!!

jaco ·

Die MDC verwerp die uitslag van die verkiesing en sê dit was alles bedrieglik, maar hulle sê ook nie wat die ware uitslag dan moet wees nie.

Henk ·

En die wereld kyk steeds anderkant toe! Wanneer word Mugabe en hierdie nuwe nar deur die internasionale hof vervolg vir die meer as 20 000 mense wat hulle laat uitmoor het in die jare 80?

Msp ·

As hulle uit die verlede geleer het en sells vir minderheidsgroepe in hulle land as Zimbabweans ten volle erkenning gee dan wens ek hulle voorspoed toe.

Netnet ·

Grap. Ons wat in statistiek werk weet wat dit beteken as jy lank vat om resultate te verwerk (kook) en dan met ‘n netnet resultaat vorendag kom.

jaco ·

Die MDC aanvaar nie die verkiesingsuitslag nie, maar hulle bly ook stil oor wat die uitslag dan eintlik moet wees.

Sue ·

Mense wat so lekker praat oor Zim is al die wat nie hier bly nie. Julle het geen idee wat julle van praat nie en gaan maar net op die twak wat die media julle voer. Hierdie man het in 6 maande Zim weer aan die lewe gekry, plase is terug gegee en die ekonomie loop weer. MDC is ‘n klomp narre en Chamisa ‘n skelmer vent as Bob. Dank Vader hy’t nie gewen. As alle “protest” in SA soos in Zim hanteer word, dan sal die hele flippen SA nie elke week afbrand nie.

Nettie ·

50,8% vir ZANU-PF en 44,3% vir die MDC – wat het geword van die ander 4,9%? Bedorwe stembriewe?

Wie glo in elk geval hierdie “regverdige uitslae”???? Dit is nes met die verkiesings in SA elke keer: daar word sovéél korrupsie gepleeg, dat niemand dit kan glo nie en diegene wat wel glo as die IVK ‘n verkiesing as ‘vry en regverdig’ verklaar, sal ook glo dat die maan van kaas gemaak is.

Alida ·

Dit lyk of hy geleer het uit ou Bob se foute en dat hy meer verstand het as baie mense. CR foeter net aan en SA stort in duie op ALLE gebiede want CR uiter roekelose uitsprake wat die ongeletterdes aanhits.

jaco ·

dis net na 6 in die aand terwyl ek hierdie kommentaar tik. ek merk op verskeie nuus websites op dat die MDC nou nog nie hulle weergawe van die verkiesingsuitslag bekend gemaak het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.