Mnangagwa sal Vrydag ingesweer word

Emmerson Mnangagwa (Foto: ANA)

Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, sal Vrydag as die staatshoof van dié land ingesweer word.

Jacob Mudenda, speaker van die Zimbabwiese parlement, het bevestig dat hy ʼn brief van die regerende Zanu-PF ontvang het waar die 75-jarige genomineer word as hul presidentskandidaat. Dit volg nadat pres. Robert Mugabe (93) Dinsdag sy bedanking ingedien het ná ʼn militêre oorname van die land.

“Ek het ʼn brief van Zanu-PF ontvang oor hul besluit van 19 November dat Emmerson Dambudzo Mnangagwa hul genomineerde is om die presidentskap oor te neem van die Republiek van Zimbabwe.

“Die parlement het die hoofsekretaris van die president, Misheck Sibanda, in kennis gestel om die nodige reëlings te tref dat Emmerson Mnangagwa Vrydag ingesweer kan word,” het Mudenda bygevoeg.

Duisende persone het intussen by Manyame-lugmagbasis bymekaargekom en verwag Mnangagwa se terugkeer vanaf Suid-Afrika. Hy het na Suid-Afrika gevlug nadat hy op 6 November deur Mugabe afgedank is.

Meeste Zimbabwiërs verwelkom die man wat Mugabe se bewind tot ʼn val gebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Siener van Melbourne ·

Ek bevraagteken die motief van zanupf en beskou dit as n desperate gryp na mag voor die oposisie n voet in die deur kry. Nog n diktator.

Johann Marx ·

Hahahaha….die mense van Zimbabwe juig en skree “We are free!!” Free from what? Hoekom juig mense omdat hulle “vry” is……van die keuses wat hulle gemaak het 37 jaar terug? 37 jaar terug was julle bereid om ‘n burger-oorlog te ontketen omdat julle julle “liberator” as president wou hê…..maar nou juig julle omdat julle “free” is? Vry van dit wat julle vir julleself gekies het? Ek verstaan nie…………..maar nou ja, dis Afrika.

Marina ·

Hier is ‘n vrot rot, hoekom sal hy sommer net so bedank en nou die storie dat Zuma bewus was van dit?

madels ·

Dis vir my ook baie “fishy” dat daai Mugabe bedank het, maar nou skielik is sy opvolger wat net so evil man soos hy is, skielik die volgende President. Ons moet BAAIE bid vir Zimbabwiers hier kom nog groot probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.