Mnangagwa terug in Zim om vure dood te slaan

Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, kom op die internasionale lughawe in Harare aan (21 Januarie 2019). Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/AP

Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa het Maandagaand laat in Harare aangekom nadat hy sy fondsinsamelingstoer kortgeknip het om aandag te gee aan die onluste en ekonomiese krisis in die land.

Adjunkpres. Constantino Chiwenga, wat in beheer was in Mnangagwa se afwesigheid, het die president by die Harare Internasionale Lughawe ingewag. Chiwenga was aan die stuur van sake tydens ʼn week van oproer toe die regering se veiligheidsmagte op betogers toegeslaan het.

Dié onluste het tot die dood van 12 mense gelei. Menseregte-organisasies beweer nog mense is deur soldate geskiet, terwyl ander uit hul huise gesleep en aangerand is. Die betogers het teen ʼn 150%-verhoging in brandstofpryse in dié Afrika-land in opstand gekom.

Mnangagwa het Dinsdag die gewelddadige optrede van die veiligheidsmagte veroordeel en dit as onaanvaarbaar bestempel. Hy het gesê daar sal onmiddellik ondersoek ingestel word na die geweld wat die afgelope week plaasgevind het.

Die Zimbabwiese president het ʼn beroep gedoen vir ʼn “nasionale dialoog” tussen die politieke partye. Hy het bygevoeg chaos en opstandigheid sal nie geduld word nie en “indien nodig, sal koppe rol”.

Tydens die week van onluste het die regering die internet in Zimbabwe by twee geleenthede geblokkeer. Die hooggeregshof het Maandag beslis dat die minister van staatsekuriteit nie by magte was om die internet af te skakel nie en dat dié besluit onwettig was. Volgens die hof is net Mnangagwa by magte om só ʼn besluit te neem.

ʼn Familielid van Kelvin Tinashe Choto in trane by sy begrafnis in Chitungwiza, ongeveer 30km suid-oos van Harare in Zimbabwe. Voordat Choto se familie nog geweet het hy is dood, is ʼn foto van sy verminkte liggaam in ʼn polisiestasie op sosiale media versprei. Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/AP

Toegang tot sosiale media soos Facebook, Twitter en WhatsApp was oor die naweek steeds geblokkeer. Die regering het aangevoer die internet word gebruik om die gewelddadige protesaksies te reël.

Evan Mawarire, ʼn pastoor en aktivis, is Woensdag in hegtenis geneem en aangekla van ondermyning van die regering waarvoor hy tot 20 jaar tronkstraf opgelê kan word. Mawarire het sosiale media gebruik om vreedsame protesoptogte teen die brandstofprysverhogings te reël.

Mawarire se regsverteenwoordiger het gesê die amptelike klag teen hom is “bespotting van die reg”. Sy borgtogaansoek sal môre aangehoor word.

Teen Maandag was die meeste winkels en sakeondernemings weer oop, hoewel talle mense steeds kosvoorraad opgebou het in geval van verdere onluste.

Intussen het die Suid-Afrikaanse regering bevestig hy het Mnangagwa se versoek vir ʼn lening van $1,2 miljard geweier. “Ons het net nie daardie soort geld nie,” het Jabulani Sikhakhane, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse tesourie, aan eNCA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Manie ·

Anc en eff kyk mooi hoe lyk julle sukses storie waarna julle so graag verwys. Húlle maai mense voor die voet af. Maar ek hoor nie n woord van julle. Is dit omdat dit swartmense is wat afgemaai word dat julle so stil is

Anoniem ·

Jou mense is kwaad Mnr Die President want HULLE is honger

What a joke! ·

Ja, en die Anc soek mos dieselfde vir Suid Afrika…
En nou se die groot moordenaar die krokkedil dat hy gaan ondersoek instel!
Van jouself die uwe geagte Mnr die krokkedil….onthou tog Gukurahundi.
Hoeveel Matabeles wreed vermoor onder jou en Mugabe nou weer????

Anoniem ·

Honger vir regte kos, honger om in hulle geboorteland te werk en honger vir Waarheid en DIE EVANGELIE

Minora ·

Skerp , baie skerp . In net die paar woorde verduidelik jy alles. HAHAHAHAHAH!

Snowball ·

@JJ. Jy is so reg! In die hande van ‘n leek is die beste musiekinstrumente ook grafstil….

HESTER ·

En net soos daar gaan hulle hier land kry en niks daarmee doen nie, want hulle se reguit vir jou, ek kan en wil nie boer nie , ek wil net “free land” he. Ek het toevallig die mense by my werk gevra en hulle beaam dit.

Pieter ·

Die resultaat van grondonteiening sonder vergoeding, moord op boere en stille diplomasie. Wat jy saai sal jy maai, hulle moet maar die vrug van die oes eet. Die probleem is dat hulle nou die witman (sekerlik ook swartes in townships) in Suid-Afrika gaan teiken rakende diefstal om te vergoed vir hul sondes en om rykdom te bekom. Siek en bose kringloop wat ook plaaslik plaasvind. Hieruit word niks geleer nie.

Skroef ·

Hoekom proyesteer, kla en huil? Hulle her sy paerty ingeatem. Dis mos nou nie asod hulle die !an nie geken her nie. Anc, edf en bfl neem kennis.

Skroef ·

Hoekom protesteer, kla en huil? Hulle het sy party ingeapstem. Dis mos nou nie asof hulle die man nie geken het nie. Anc, edf en bfl stemvee, neem kennis.

Patat ·

Hulle lyk nie vir my honger nie, kyk hoe oorgewig is hulle!

Hennie ·

Emmersvol Mankwakwa kan nie eers ‘n vuurhoutjie dood pie nie, nou wil hy kom vure doodslaan. Wat de hel het hy gedink toe hy brandstof pryse verhoog en toe uitgevlieg het in uiterste weelde? Zim s as l homself vernietig…hulle is immers fluks besig daarmee!

Willie ·

Dis belaglik, nou het hy Zim aan Rusland verkoop… hier kom grootter sports!

jean ·

$l.2 miljard “geweier”…Maar soos ons amal weet, wat gesê en gedoen word is twee……

Grys ·

Daar is seker nie soveel geld in staatkas nie. Ons kry hulle jammer, binnekort dieselfde boot, of watokal.

BRAAM ·

Hoe verwag jy van hulle om kos te produseer ? Hulle kan nie eers tel nie …12 dood ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.