Mnangagwa toegejuig by eerste openbare verskyning

Emmerson Mnangagwa (Foto: ANA)

Emmerson Mnangagwa, die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe wat Vrydag as die nuwe staatshoof van dié land ingesweer word, is Woensdag deur ʼn skare toegejuig tydens sy eerste openbare verskyning nadat die weermag verlede week beheer oor Harare geneem het.

Die 75-jarige presidensiële kandidaat het Woensdag om 13:00 by die Manyame-lugmagbasis in Harare aangekom. Hy het vanaf Suid-Afrika gereis ná ʼn vergadering met pres. Jacob Zuma in Pretoria.

Mnangagwa het glo aanvanklik ʼn skare van duisende ontduik en ʼn inligtingsessie saam met die regerende party en weermaghoofde bygewoon voordat hy rondom 19:00 sy eerste openbare verskyning gemaak het.

Die skare het bykans sewe ure by die Manyame-lugmagbasis vir hom gewag.

Hy het aan die skare vertel hy het glo in ballingskap na Suid-Afrika gevlug omdat hy in Augustus vanjaar vergiftig is.

“Ek het besluit ek sal nie sit en wag vir hulle om my te elimineer nie, so ek het na Suid-Afrika gevlug. Vandag sien ons egter ʼn nuwe demokrasie wat aan bewind kom. President Jacob Zuma en [die voormalige Tanzaniese] president Jakaya Kikwete het die gedissiplineerde en vreedsame manier waarop julle julself [tydens die laaste week] hanteer het, geloof. Hulle het gesê die manier waarop ons dié proses hanteer het, maak hul trots om van Afrika te wees,” het hy gesê.

Mnangagwa het ʼn beroep op ondersteuners gedoen om te begin werk aan ʼn “nuwe Zimbabwe” waar “niemand belangriker is as iemand anders nie”.

“Ons wil die ekonomie laat groei, ons soek vrede in die land en ons soek werk [vir almal] – werk, werk, werk,” het hy laat hoor.

Hy het ook die speaker van die Zimbabwiese parlement, Jacob Mudenda, geloof dat hy hom by die Grondwet geskaar het dwarsdeur die hele proses om Mugabe van sy amp te onthef.

Hy het gesê hy sal Vrydag sy eerste toespraak maak wanneer hy as staatshoof ingesweer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rat voor die oë ·

Mnangagwa was Bob se stormram, waarmee Zimbabwe gesaniteer is van enige politieke opposisie & teenstand.
Persoonlik dink ek nie daar is enige rede vir Zimbabwiërs om vreugdesvure aan te steek nie.
Bob het 43 jaar gelede óók verklaar dat alle volksgenote veilig & bekerm & welkom moet voel in hulle eie land.
Hopelik het Mnangagwa se oë nou oop gegaan vir die realiteit van ‘n EFF tipe, regering styl se nadraai

Pieter ·

Die man is die slagter van die derduisende matabeles in die weste van Zim. Hy het met die man van Quattro kom gesels oor vrede, wat ‘n klug.

Lynette ·

Ag mense, stop tog die negatiwiteit en gee die man n kans voor julle hom oordeel. Mense kan verander.

Vraagteken ·

Lynette, ongelukkig moet ‘n mens hom oordeel, veral omdat hy daardie posisie bekleë. Die mense van Zimbabwe moet bekommerd wees gebaseer op sy geskiedenis.

In terme van verandering, wat sê hulle van ‘n ‘Leopard’ en ‘spots’?

Henk ·

Sal ek die land herinner wat gebeur het nadat Mbekie vir Zuma afgedank het, en Zuma toe ‘n staatsgreep ala de klerk/PW Botha wyse uitgevoer het te Polokwane? Sal ek die land herinner in watse toestand ons land se infrastruktuur verval het sedert 2009? Maar aan die ander kant, Zim heds nie meer geld of ‘n infrastruktuur nie….

Katryn ·

Jaaa jaaa! Praatjies vul nie gaatjies!
Beloftes! Net totdat ek het wat ek wil he! Kyk dan!! Waartoe ek instaat is!!

Justice ·

Hy kan begin deur die plase wat hy vir homself onteien het terug te gee aan die wettige eienaars.

Duiwelsadvokaat ·

So Mnangagwa was glo (amper) vergiftig in Augustus en vlug na SA vir veiligheid. Wie het hom probeer vergiftig en gaan hy die saak (as dit waar is) opvolg? Waarskynlik nie, want nou is hy die een wat die gif orders kan plaas. Die man se bynaam is krokodil onder sy eie cadres… Al wat ek vra is om vir my te wys waar krokodille al ooit floreer het in demokratiese habitat.

Op ‘n positiewe noot, hopelik kan die fokus nou terugskuif na die chaos in ons eie land. Sal Zim ‘n envoy stuur om Zuma te kom help as hy en Nkosazana Dlamini vasval in Nkandla met ‘n weermag rondom die plek?

oom koos ·

toe almal begin moeg raak het vir PW Botha, was ek een van dié wat ook oor hom en sy beleid gekla het. So 2 maande voordat sy kabinet en party hom uitgeskop het, het iemand wat nogal dieselfde regse politieke denke as ek gehad het, vir my gesê: “Julle wat so graag vir Oom PW wil weghê, gaan nog huil as hy eers weg is”. En nou ja, die res is geskiedenis en kyk waar sit ons vandag…

Josua Keys ·

Oom Koos, gekiedenis steeds in wording want die verlede volgens ons regering is die toekoms nie die verlede nie!!!!!

Josua Keys ·

Ek ken nie die geskiedenis van die man nie, maar as dit waar is wat ek hier in die kommentare lees dat die man Mugabe se regterhand was en ook een van sy “Freedom Fighters” dink ek Zimbabwe het baie grooter probleme aan die kom as wat hulle gehad het. Dit maak ook nou vir my meer sin waarom Zuma so vinnig mense na Zim gestuur het met die staatsgreep. Nie net dink ek Zimbabwe sit dan met ‘n grooter probleem nie maar Suid Afrika moet maar wakker wees want ek ruik ‘n rot. Zimbabwiërs moet heeltemal wegdoen met enige vorm van Zano PF en hulle glad nie meer toelaat om die land te regeer nie en dadelik uitstem en die opposisie die geleentheid gee om met nuwe reggerings metodes en style na die tafel te bring en dan almal vervolg wat die oorsaak was dat Zimbabwe tot n val gebring het, as Zanu PF enigsins die land sou wou regruk sou hulle self Mugabe verwyder het maar het nie, waarom sal hulle nou skielik wil verander, die man het bloed op sy hande dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.