Mnangagwa wil Zim-boere vergoed

Zimbabwe se nuwe president, Emmerson Mnangagwa, verwelkom pres. Ian Khama van Botswana (24 November 2017). Foto: ANA

Pres. Emmerson Mnangagwa het Vrydag gesê sy regering het hom daartoe verbind om “boere wie se grond ingevolge die wette van die land afgevat is, te vergoed.”

Mnangagwa het gepraat by die seremonie in Harare, die Zimbabwiese hoofstad, waar hy as die interim president van dié Afrika-land ingesweer is drie dae nadat die 93-jarige Robert Mugabe bedank het.

“Vandag hernuwe die Republiek van Zimbabwe homself. My regering sal werk om te verseker dat die pilare van die staat wat die demokrasie van ons land verseker, versterk en gerespekteer word. Hier in ons tuisland moet ons egter erken dat ons politiek oor die jare giftig, bitter en polariserend geword het,” het hy gesê.

“My doel is om aan die hoof te staan van ʼn administrasie wat die krag van ons diversiteit as ʼn volk raaksien, in die hoop dat hierdie posisie en goedbedoelde standpunt wederkerig sal wees en uitgestraal sal word om alle groepe te dek. Ons durf nie hierdie geleentheid verspil nie.”

Mnangagwa is voor ʼn skare van meer as 60 000 mense in die nasionale sportsentrum in Harare ingesweer. Die inhuldigingseremonie is deur drie staatshoofde bygewoon, pres. Edgar Lungu van Zambië, pres. Fillipe Nyusi van Mosambiek, en pres. Ian Khama van Botswana.

Meer as 60 000 mense het die inhuldiging van Zimbabwe se nuwe president, Emmerson Mnangagwa, bygewoon (24 November 2017). Foto: ANA

Baleka Mbete, die speaker van die Suid-Afrikaanse parlement, Siyabonga Cwele, Suid-Afrikaanse minister van telekommunikasie en posdienste, en voormalige Zambiese presidente Kenneth Kaunda en Rupiah Banda het ook die plegtigheid bygewoon. Voormalige Namibiese presidente Hifikepunye Pohamba en Sam Nujoma was ook in die stadion.

Mnangagwa is deur hoofregter Luke Malaba ingesweer.

Mnangagwa het gesê Zimbabwe het oor die afgelope twee dekades deur baie verwikkelinge gegaan. “Hoewel ons nie die verlede kan verander nie, is daar baie wat ons nou en in die toekoms kan doen om ons nasie in ʼn ander en positiewe rigting te stuur. Terwyl ons dit doen, moet ons nie gyselaars van ons verlede bly nie. Ek doen nederig ʼn beroep op ons almal om gedane sake as afgehandel te beskou en mekaar te omarm om ons nuwe lot te bepaal,” het hy gesê.

“Ons ekonomiese beleid sal geskoei word op ons landbou, wat die steunpilaar is, en om toestande te skep vir beleggingsgedrewe ekonomiese herstel wat die fokus plaas op werkskepping. Sleutelbesluite sal gemaak moet word om direkte buitelandse beleggers te lok om die hoë vlakke van werkloosheid te takel, terwyl ons ons ekonomie na die tersiêre vlak transformeer.”

Emmerson Mnangagwa tydens sy inhuldigingseremonie as Zimbabwe se nuwe president. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Mnangagwa het ook gepraat om ʼn einde aan korrupsie te bring en gesê die reg moet vinnig geskied om te bewys “misdaad en ekonomiese sabotasie kan net waarborg om die oortreders te vernietig”.

Die 75-jarige Mnangagwa het staatsamptenare gewaarsku dat hul dae van afwesigheid en “onnodige vertraging en terughouding van besluite en dienste in die hoop om vuil belonings daaruit te pers” verby is.

Hy het ook ʼn beroep op ander lande gedoen om hul ekonomiese en politieke sanksies teen Zimbabwe te heroorweeg. “Wat ook al die misverstande is wat in die verlede gebeur het, laat ons nou die weg baan vir ʼn nuwe begin waar ons op mekaar kan staatmaak op wedersyds voordelige maniere as gelyke en wederkerig afhanklike vennote,” het hy gesê.

“In hierdie globale wêreld is, kan en hoef geen nasie ʼn eiland te wees nie. Isolasie was nog nooit goed of lewensvatbaar nie; solidariteit en vennootskappe is en sal altyd die uitweg wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Verbaas ·

Mnangwa het meer verstand in sy boude as wat Mugaab in sy kop het. Die broodjies is baie mooi. Kom ons kyk hoe bak hulle

Pieter ·

Ek hoop dit bak mooi want dan kan ek weer in vrede gaan tiervis vang

PJC ·

As die boere in Zim nie grond gaan terug kry nie kan hulle maar vergeet om hulle ekonomie weer op dreef te kry. Die nuwe president probeer net die buitewêreld bluf met sy stories oor vergoeding. Waar gaan hy geld kry hiervoor.

Frikkie Geld en huis ·

Stem saam. Geen geld, geen ekonomie. Ek het al gewonder hoe betaal hul maandeliks hul Evkom rekening, en of dit ooit betaal word.

Erika Potgieter ·

Wil nou nie té gou praat nie, maar lyk of dit tyd is om Zim $ te begin koop. Die Krokodil klink of hy die toue vóór kan vasvat. Laat ons sien…

Johann Marx ·

Maar toe Mugabe aan die stuur was het dieselfde Mnangagwa die 1600hektaar Sherwood plaas vir homself gevat, en die wit boer sonder vergoeding weggejaag………en nou wil hy boere vergoed? ‘n Jakkals verander van haar…..

HPV ·

So, hy wil die boere vergoed. Maleme gaan sekerlik nou al sy speelgoed uit sy kot gooi, dan sommer die kot breek ook! Vreeslike week vir die seun, eers verloor sy rolmodel sy troon, en nou word die boere vergoed! Ha-Ha…

Marinda ·

Let’s give the new president of Zimbabwe the benefit of the doubt. I am sure this is not all what he said in his speech.

Deon ·

Presies en onder sy bewind as minister van sekuriteit is 20 000 van sy eie mense deur Noord Koreaanse soldate vermoor en met laaigrawe in massagrafte begrawe.

Leahim ·

Klink baie positief hoe vinniger die land regkom hoe beter vir sa solank hulle miljoene burgers ook terug gaan.

Chris Ws ·

Seeing is believing.He will have to prove himself first before I’ll think of giving him “the benefit of the doubt”.

Steenkool ·

Nee mense, moenie so negatief wees nie . Emmers gaan elke boer 2milj zim dollar gee. Lmga. Hys net so groot grap soos ou Bob

HPV ·

So, hy wil die boere vergoed. Maleme gaan sekerlik nou al sy speelgoed uit sy kot gooi, dan sommer die kot breek ook! Vreeslike week vir die seun, eers verloor sy rolmodel sy troon, en nou word die boere vergoed! Ha-Ha….

amanda ·

JA, asseblief kom ons gee die land ‘n kans…..kom ons bid vir hulle….

Pieter ·

Dit lk of die nuwe president ‘n redelike kopskuif (mindshift) ondergaan het van die dae wat hy Mugabe se regterhand was. Die land is in so ‘n slegte toestand en SA is op dieselfde pad, tensy dinge hier by ons tydig omgedraai kan word. Hulpbronne sal ook nie sommer oornag beskikbaar raak, gegee die heropbou wat nodig is. Ek skat ‘n derde van die Zim bevolking het reeds ‘n heenkome in SA en elders gevind. As oud-inwoner van Zim wens ek die nuwe president geluk. Hy het ons voorbidding nodig.

M'Lady ·

As alles een van die dae so goed sal gaan in Zimbabwe gaan ons seker almal daar verwelkom word.

Pieter ·

Gee die man die n kans, Hy is nog nie eers nie week prez nie. Hulle se: Sien is glo.

Peet ·

O hel, dis slegte nuus vir Djoeliaas Mal Emma. Aan die ander kant, dis maar net nog ‘n Afrika despoot wat mooi broodjies bak om ‘n ekstra geldjie van ‘n goedgelowige buitewêreld te melk…

Riette ·

Ek hoop van harte hy’t noord en suid gekyk en rerig besef dat dinge moet verander.
Die shonas en matabeles is eintlik goeie mense, ek bid hulle voorspoed toe.
Nogal interresant dat Jakopie nie daar was vir die inhuldiging nie, seker bang daars net pap en nyama op die spyskaart vir die free for all ete na die tyd.
Spreek nogal boekdele.
Ek het neefs wat so 20jr terug die besluit gemaak het om te gaan boer in zambië, die respek en ondersteuning wat hulle kry in ongelooflik, hul boerderye het nou al so gedeversifeer…….zim, ek hou duimvas vir jou.

Amelita ·

Sal net graag wil weet waar die geld vandaan gaan kom om boere tevergoed en die ekonomie aan die gang tekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.