Modderstorting: Dodetal kan skerp styg

Modderstorting in Snohomish Foto: sfgate.com

Modderstorting in Snohomish Foto: sfgate.com

Altesaam 90 mense word steeds vermis ná ʼn modderstorting in Seattle in Washington, Amerika.

Reddingsbeamptes was Donderdag steeds op soek na nóg liggame tussen die rommel en puin. Die modderstorting het die plattelandse dorpie Oso in Snohomish Saterdag getref.

“Ons hou vas aan die hoop dat daar moontlik nog een oorlewende kan wees,” het Travis Hots, hoof van die brandweer in Snohomish, gesê. “As ons net nog een persoon kan vind, sal dit die vermoeiende soektog die moeite werd maak.”

Owerhede het die gemeenskap gewaarsku dat die dodetal binne die volgende twee dae nog skerp kan styg. Altesaam 16 liggame is reeds opgespoor, maar minstens nege ander is moontlik Woensdagaand opgespoor. Die kantoor van die mediese ondersoekbeampte moet dié sterftes nog bevestig.

ʼn Navorser van die University of Washington het gesê twee groot modderstortings het Oso Saterdagoggend getref. Die groter een van die twee het slegs ongeveer 2 minute lank geduur en is vier minute later deur ʼn twee golf gevolg. Seismiese analise toon meer as ʼn dosyn kleiner modderstortings het langer as ʼn uur aangehou. -SAPA

Lees ook:
Modderstorting eis minstens 16

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.