Modderstorting eis minstens 16

Modderstorting in Snohomish Foto: sfgate.com

Modderstorting in Snohomish Foto: sfgate.com

Reddingwerkers het nog twee liggame opgespoor ná ʼn modderstorting Saterdag in Seattle, Amerika. Dit bring die dodetal op 16 te staan.

Die moontlikheid bestaan dat die dodetal nog tot 24 kan styg, aangesien reddingwerkers oortuig is dat hulle nog agt liggame opgespoor het.

Die soektog duur al vier dae lank voort en daar is nog waarskuwings oor blitsvloede uitgereik.

Beamptes het ʼn lys van 176 mense se name wat nog vermis word, alhoewel sommige van die name moontlik duplikate kan wees.

Daniel Miller, ʼn geomorfoloog wat vir die regering werk, het glo 15 jaar gelede gewaarsku dat die modderstorting kan plaasvind. Hy het in 1999 bevraagteken waarom inwoners toegelaat word om in dié gebied te bou en of beamptes behoorlike voorsorgmaatreëls getref het.

Die modderstorting het in die plattelandse gebied, Snohomish, plaasgevind. Geen waarskuwings is voor die ramp uitgereik nie. Modder, bome en puin het ongeveer 24 huise platgevee en verskeie mense is kritiek beseer.

Een van die vrywilligers is Dinsdag beseer toe ʼn wrakstuk, wat deur ʼn helikopter opgewaai is, hom getref het. Die man is met geringe beserings na ʼn hospitaal geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.