Moderna-entstof vir tieners eers opgeskort in Swede

Die Moderna-entstof teen Covid-19. (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

Swede se openbaregesondheidsagentskap het Woensdag aanbeveel dat die gebruik van die Moderna Covid-19-entstof tydelik gestaak moet word aan jong volwassenes. Dit volg ná kommer oor seldsame newe-effekte aan die hart.

Naburige Noorweë en Denemarke het Woensdag ook benadruk dat Moderna se entstof nie aanbeveel word vir enigiemand jonger as 18 nie.

Swede se gesondheidagentskap het gesê die opskorting is slegs van toepassing op enigiemand wat ná 1991 gebore is. Die agentskap het bewyse ontvang van ʼn verhoogde risiko van newe-effekte soos inflammasie van die hartspier (miokarditis) en inflammasie van die hartsak (perikarditis).

“Die openbaregesondheidsagentskap het besluit om gebruik van Moderna se entstof, Spikevax, tydelik te staak vir enigiemand wat ná 1991 gebore is as ʼn voorsorgmaatreël,” het die agentskap in ʼn verklaring gesê en aanbeveel dat dié groepe eerder die Pfizer/BioNTech-entstof moet ontvang.

Volgens die agentskap word die risiko veral verbind met die tweede dosis van die Moderna-entstof en kom meer voor onder jong mans en seuns en in die weke direk ná die tweede inenting. Die simptome klaar gewoonlik vanself op, maar moet deur ʼn dokter geëvalueer word.

“Diegene wat onlangs ingeënt is, met hul eerste of tweede dosis van Moderna se entstof, moenie bekommerd wees nie, want die risiko is baie gering. Dit is egter goed om te weet op watter simptome jy bedag moet wees,” het staatsepidemioloog Anders Tegnell in ʼn verklaring gesê.

Die agentskap se aanbevelings verskaf leiding aan Swede se gesondheidsorgdistrikte en word oor die algemeen gevolg. Sowat 81 000 persone in Swede in dié ouderdomsgroep het reeds ʼn eerste dosis entstof ontvang. Hulle sal egter nie ʼn tweede dosis ontvang nie, het die agentskap bygevoeg. “Gesprekke duur voort om die beste oplossing vir dié groep te bepaal.”

In Denemarke word tans slegs Pfizer/BioNTech se Comirnaty-entstof aangebied vir diegene tussen 12 en 17 jaar oud. Die land se gesondheidsowerheid het Woensdag egter gesê dié praktyk sal amptelik gemaak word.

“As voorsorgmaatreël sal ons eksklusief dié entstof aan kinders en adolessente bied,” het Bolette Soborg van die departement van gesondheid gesê.

Die Noorweegse Instituut vir Openbare Gesondheid (NIPH) het ook sy aanbeveling benadruk om slegs Comirnaty vir diegene jonger as 18 aan te bied. Die NIPH het Woensdag egter gesê mans onder 30 moet ook eerder oorweeg om die Pfizer/BioNTech-inenting te kies.

“Dit is belangrik om te benadruk dat Spikevax van Moderna net so doeltreffend is teen Covid-19 as Comirnaty, en albei tipes entstof word steeds aanbeveel vir enigiemand ouer as 30,” het Geir Bukholm, adjunkdirekteur-generaal van NIPH, in ʼn verklaring gesê.

Die Europese medisyne-agentskap (EMA) het in Julie noodgebruik van Moderna se Covid-19-entstof vir tieners goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

En wat nou van die jong volwassenes wat alreeds ingeënt is of is dit nou maar hulle probleem? Watter ander entstowwe se newe effekte gaan ook nog aan die lig kom? Ons weet alreeds dat Pfizer se doeltreffendheid van 88% na 47% val binne 6 maande maar watter newe effekte is daar wat onder die mat ingevee word?

Buccaneer

Natuurlik is dit hulle probleem. Elke ou fight mos maar sy eie battles. Dit kom daarvan as jy jou deur die media en samelewing laat meeskeur. Moet nooi maar nooit te vinnig op n bandwagon spring nie.

Charles

Dit is wat gebeur as mense die proefkonyne gemaak word..

Maggies

Die inspuiting middels moet darm vreeslik slim wees om onderskeid te doen tussen manlike en vroulike geslag en kan mens glo, dit kan tel ook. Hoe anders kan die vloeistoffie wat ingespuit word weet hoe oud jy is?

piet

In ander nuus. Sopas teruggekom van my 2de Pfizer shot. Ek het na die kompleks toe gestap en terug sowat 2 km. Lyk my die shot het my sommer ‘n huppel in die stap ook gegee, ek voel perdfris.