Moeder Teresa gaan tot heilige verklaar word

Moeder Theresa (1993) Foto: AP Photo

Moeder Theresa (1993) Foto: AP Photo

Pous Franciskus het die afgelope naweek bevestig dat Moeder Teresa, die Rooms-Katolieke non wat wêreldwyd bekend is vir haar betrokkenheid by die armes, tot heilige verklaar gaan word.

ʼn Heiligverklaring is die hoogste eer wat die Rooms-Katolieke Kerk aan iemand kan toeken.

Volgens die Rooms-Katolieke Kerk se vereistes moet twee wonderwerke aan ’n persoon toegedig word voordat hy of sy tot heilige verklaar kan word. Dié besluit vir Moeder Teresa se heiligverklaring volg nadat die pous die wonderbaarlike genesing van ʼn tweede persoon, ʼn man in Brasilië, erken het.

Moeder Teresa, wat ook die Nobelprys vir vrede in 1979 ontvang het, is op 5 September 1997 in die ouderdom van 87 oorlede. Kort voor haar dood het sy bykans 4 000 nonne onder haar bestuur gehad wat hulp verleen het aan ongeveer 600 kinderhuise, sopkombuise, skuilings vir haweloses en klinieke.

Hoewel geen datum vir die heiligverklaring vasgestel is nie, het oorsese media bespiegel dat die seremonie moontlik in September volgende jaar sal plaasvind omdat dit saamval met die herdenking van haar dood asook met pous Franciskus se ‘heilige jaar van genade’.

Sunita Kumar, ʼn woordvoerder vir die Missionaries of Charity in die oostelike gedeelte van Kolkata waar Moeder Teresa gewoon en werk het, het die besluit verwelkom.

Moeder Theresa hou ʼn armlose baba vas in Kolkata, Indië (1978) Foto: AP Photo/Eddie Adams

Moeder Theresa hou ʼn armlose baba vas in Kolkata, Indië (1978) Foto: AP Photo/Eddie Adams

Pous Franciskus het al by vroeër geleenthede gesê dat hy nie net ʼn aanhanger is van haar werk nie, maar ook respek het vir haar impak. Hy het haar ontmoet tydens ʼn sinode van biskoppe in 1994 toe hy nog aartsbiskop Jorge Mario Bergoglio was.

“Die armes gee ons baie meer as wat ons vir hulle kan gee,” het sy in 1977 gesê. “Hulle is ongelooflike sterk mense wat daagliks sonder kos moet oorleef, tog kla hulle nooit nie.”

Intussen het die aartsbiskop van Kolkata, Thomas D’Souza, gesê die nuus van die heiligverklaring is ʼn vroeë Kersgeskenk aan die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blondie ·

Ek dog ook so. …maar met een verskil, God leef verewig, Teresa is dood.

Shannon ·

Nee.
Deut. 28:9-10 JaHWeH sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het.

[1]
The English word “holy” dates back to at least the 11th century with the Old English word hālig, an adjective derived from hāl meaning “whole” and used to mean “uninjured, sound, healthy, entire, complete”.

[2]
Daar is aanduidings dat in die bg. Bybel vers die oorspronklike woord in werklikheid nader was aan die woord “apart” (of ‘afgesonder’). Ie. “Sonder vir my `n volk af”. En dieselfde woord sou ook in gebruik gewees het selfs in die afwesigheid van die goddelike aspek.

Gerda ·

Hoe nou sy is mos nou mors dood bestaan nie meer op aarde nie. Pleks liewerz mense aanmoedig om ook net goed te doen aan ander, en ophou geldgierig wees en vir hulle medemens te help in nood. GOD ALLEENLIK IZ HEILIG

yvonnen ·

Ek glo nie moeder Teresa soul hiermee saamstem nie. Sover ek verstaan het sy haar werk verrig uit naaste liefde en was sy bloot ‘n instrument in God se hand. Net Hy is heilig, uit watter bus het die pous geval!!

Fransie ·

Nee wat, alle weergebore Geesvervulde kinders van God is heilig. Kyk maar self. Paulus skryf bv op verskeie plekke aan die heiliges. In die Bybel se God “wees heilig want Ek is heilig”. Wat die Pous doen is n dwaling. Hy probeer iets wat inherent deel van elke weergebore christen se lewe behoort te wees tot n statussimbool te verhef. Dit is afgodery. Heiligmaking word te min in sekere kerkgroeperinge gepreek want dit beteken selfneerlegging, afstand doen van sonde en die oorgee aan die Heilige Gees. Dit is nie n selfstandige naamwoord nie, maar n werkwoord. Dis reg- dit is iets wat JY moet DOEN. N doener word genoem n heilige. Heilig beteken afgesonder vir/tot God….

Blondie ·

Soos ek verstaan, beteken ‘heilig’ om soss God te wees, ons moet verander om Soos God te wees.

SNEL ·

As mens na Walter Veith se goed kyk maak dinge sin. Ons moet oppas om nie verlei te word nie, meet alles aan God se Woord, en geen een wat dominee, pastoor, priester of wat ook al skreeu moet net vertrou en geglo word nie, weereens… meet alles aan God se Woord, veral wat mense soos die sê en kwytraak. Nederigheid, nie selfverheffing of mense op troontjies sit nie. Alle eer aan God, fokus op Hom en nie op mense nie. Nie eers Paulus sou so genoem wou word nie en hy het ook baie gedoen . Watse nonsies is hierdie.

Peet J ·

Die Christelike en Katolieke geloof is volgens ‘n Kerkvergadering wat in 325 in Nicea plaasgevind het presies dieselfde geloof. Die amptelike leer van die Rooms Katolieke Kerk en die godsdiens van die Christene is :- Geloof in een God, Geloof in die Heilige Drie- Eenheid, God, Jesus en die Heilige Gees asook die leer van die erfsondes.Die Twaalf Geloofsartikels handel ook oor die Drieënige God, Vader (God),Seun (Jesus) en Heilige Gees. In die Heilige Jaar 1950 word bevestig deur die RKK dat Maria, Moeder van Jesus, met siel en liggaam in die hemel opgeneem is. Die RKK aanvaar die pous die biskop hier op aarde as die plaasvervanger van Jesus Christus. Al die ander Kerke maak deel uit van die Katolieke Kerk omrede hulle die Apostoliese Geloofsbelydenis van Nicea erken en deur hulle lidmate bely moet word.

Fransie ·

Peet die probleem tussen die RKK en die Protestante kerke het juis gevolg uit al die dinge wat deur die RKK “aanvaar” word buite om die Bybel. Soos die twee voorbeelde deur jou hierbo genoem. Protestante glo in n meerdere of mindere mate in “sola scriptura” soos Luther gese het. Dit verwyder dwaling. As dit in teestryd met die Bybel is is dit eenvoudig nie van God nie. Hoekom sal God bv n “plaasvervanger”(biskop/pous) in die plek van Jesus stuur; as Jesus self in die Bybel se dat Hy vir ons die Heilige Gees (Parakletos) stuur? Nee wat die pouslike dwaling lei tot alle ander snaakse leringe. Glo my ou Peet jy het niks/niemand anders as Hoe Priester nodig as Jesus Christus en die inspraak en lering van die Sy Heilige Gees… Deur al die addisionele buite Bybelse leringe het die RKK self die Aposroliese geloofsbelydenis van Nicea tot niet gemaak deurdat hulle allerhande godjies begin skep het; soos Maria, die Pous, die verskillende “heiliges”, ikone ensm. Ek hoop dit help jou n bietjie…

Rynhardt ·

Die pous kan se wat hy wil, maar die titel, Heilige is net beskore vir die Almagtige en nie vir n gewone mens nie.

Peet J ·

Fransie, afgesien van al die bykomende onbybelse instellings wat deur al die Kerke gehandhaaf word kan jy alleenlik ‘n lidmaat van ‘n Kerk word indien jy die belydenis aflê wat deur die amptelike leer van die Katolieke Kerk ingestel is dus die punt is al die Kerke maak deel uit van die Katolieke Kerk hulle het net ander benamings.

Ben ☺☺☺ ·

suid afrikaanse rooms katolike kerke – toe ek dit besef het ek my klubkaart teruggegee aan die kerk en behoort nou aan God, en bid sommer self. Amen.

Fransie ·

Ek sien u misinterpreteer my argument. Ek is egter gestig om van u ywer en strewe na die suiwere christelike leer, kennis te neem. Ek poog egter geensins om die Katolieke kerk (of enige ander) af te skiet nie; ek poog maar net tot n bietjie geskiedkundige agtergrond… Die punt is dat u alles reeds in Christus alles het vir n verhouding met Hom en u nie deur die “amptenary” om die bos moet laat lei nie. Daarom MOET elkeen persoonlik seker maak dat hy/sy die Skrif, Christus en die kerkgeskiedenis onder die leiding van die Heilige Gees leer ken- dit help die christen om sy pad suiwer te hou. Maar ek bespeur n teleurstelling by van die kommentare met “kerke”. Die gemeente/kerk het tog ook n rol te speel in my as christen se onderskraging/ opbouing/ kontrolering . U moenie die baba met die vuil badwater uitgooi nie. Laat ons maar erken dat ons elkeen vol vratte en skete is. Die kerk/ gemeente bestaan maar NET uit mense vol gebreke en swakhede soos ek en jy (die heiliges soos Paulus ons noem!). Kom ons wees die verandering of voorbeeld wat ons wil he. Ek wil nie graag my argument/self probeer handhaaf ten koste van u en u probeer oortuig van iets anders nie…. As u gestig word en daagliks groei sonder die kerk; dan se ek welgedaan! My kommentaar is maar net waar ek merk dat mense (pous ingesluit) die Evangelie probeer kaap vir hulle eie doelwitte, in plaas van mense aan te moedig tot n dieper PERSOONLIKE verhouding met God. Laastens wil ek net opmerk dat ek persoonlik maar eerder aan die klub van die kerk sal behoort, daar is tog so baie ander organisasies en tydverdrywe wat absoluut niks doen behalwe vleeslike selfgratfikasie vir die individu verskaf nie… Verder sien ek ook in die Skrif dat my Redder hom nie afskei van die fariseers en tollenaars (en dankie tog ook nie van n sondaar soos ek nie!) nie. Ek hoop dat die kritici van kerke ook maar ons ou sondaars in die kerk (lees geestelike hospitaal) kan vergewe! Asseblief…?

SkarrelKind ·

Moeder Theresa was glad nie so gaaf nie. ‘n Heilige of nié.

Mense het in hole gekrepeer terwyl hulle besig was om te sterf en sy het die beste mediese hulp moontlik ontvang.

Sy het gelo om te ly is ‘n geskenk van God.

Sy is net nog iemand wat aan godsiens ‘n slegte naam gee.

Hulle kan haar maar heilig verklaar as hulle dom genoeg is – dit pla my nie. Ek is bly ek is ten minste ingelig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.