Mogadisjoe-ontploffings: Dodetal styg skerp

Foto: Xinhua/Faisal Isse

Minstens 276 mense is dood en meer as 300 beseer nadat twee motorbomme die naweek in Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, ontplof het.

Die eerste van die twee voorvalle het laat Saterdagmiddag in ʼn besige straat voorgekom toe ʼn vragmotorbom voor die Safari Hotel ontplof het. Die ontploffing het talle geboue erg beskadig en brande tot gevolg gehad. ʼn Motorbom het kort daarna in dieselfde omgewing ontplof. Die aanval is een van die dodelikste van sy soort tot dusver in dié land.

Talle van die slagoffers is reeds begrawe aangesien hulle volgens owerhede onherkenbaar verkool is. Honderde inwoners het Sondag in die strate van Mogadisjoe betoog teen die militante Somaliese Islamitiese groep Al-Sjabaab.

Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het die aanval ten sterkste veroordeel. “Terreur in al sy vorme en manifestasies is een van die ernstigste bedreigings vir internasionale vrede en veiligheid,” lui die veiligheidsraad se verklaring. Die raad het gesê alle oortreders, organiseerders en borge van hierdie soort aanvalle moet voor die gereg gedaag word.

Tot dusver het niemand al vir die aanvalle verantwoordelikheid aanvaar nie, hoewel dit vermoed word dat die groep Al-Sjabaab betrokke was.

Foto: Xinhua/Faisal Isse

Foto: Xinhua/Faisal Isse

Foto: Xinhua/Faisal Isse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leahim ·

Ek het nie geweet daar is nog somaliers in somalië oor nie ek dog hulle is almal in Pretoria wes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.