Moody’s waarsku teen Chinese lenings aan Afrikalande

Afrika se langste hangbrug is pas in Mosambiek voltooi danksy ’n lening van R10 miljard van China. Foto: Arrive Alive via ANA

China se toenemende lenings aan regerings in Afrika suid van die Sahara kan ekonomiese groei aanhelp, maar laat ook vrae ontstaan oor die risiko wat dit inhou vir lande met hoë skuldvlakke, meen die graderingsagentskap Moody’s.

“Tensy beleggings in Afrika wat deur Chinese lenings gefinansier word, aansienlike ekonomiese vordering teweegbring sodat dié lande se vermoë verbeter om hul skuld te delg, sluit die gevolge van sulke lenings ʼn hoër skuldlas en verswakte bekostigbaarheid van skuld in,” sê die Moody’s-ontleder David Rogovic, medesamesteller van die agentskap se verslag oor Chinese lenings aan Afrikalande.

“China se bereidwilligheid om opnuut oor bestaande lenings te onderhandel en die voorwaardes van hierdie heronderhandelings sal die kredietsituasie in Afrika suid van die Sahara nog jare lank beïnvloed.”

China se lenings aan regerings in die streek het tussen 2012 tot 2017 jaarliks met sowat R140 miljard toegeneem nadat dit in 2001 minder as sowat R6 miljard beloop het. Baie van die lenings is bestem vir infrastruktuurprojekte, onder meer kragvoorsiening, vervoer en kommunikasie.

Angola, die Kongo en Zambië is van die lande wat hul Chinese krediteure die meeste skuld. In Angola, Zambië, Ghana en Nigerië beloop rentebetalings reeds meer as 20% van dié lande se inkomste.

“ʼn Verdere toename in Chinese lenings – of selfs as die toestaan van lenings teen die huidige trant voortduur – kan help om finansiële tekortkominge in Afrika aan te vul,” lui die verslag.

“Maar ʼn gebrek aan deursigtigheid ten opsigte van die voorwaardes aan die Chinese lenings verbonde en ʼn gebrek aan vereistes vir hervorming en goeie regering, vergeleke met lenings wat deur multilaterale, amptelike krediteure toegestaan word, kan die voordele op die langtermyn beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

BAREND ·

die Chinese is die wereld se loan sharks ,ek glo dat die Chinese die nuwe kolianiste is en is agter afrika se grond aan .ons regeerings moet baie versigtig wees

eugene ·

lees siener se boek….
onthou huidige afrika regerings dink net 1 geslag ver – huidige geslag en sal daarom n land uitverkoop

Pieter ·

Nee wat, julle bekommer julle verniet.
Onthou ons regering is skerp, wakker, slim met finansies en is deurspek met manne en vroue wat weet presies hoe n wêrelklas ekonomie bestuur moet word.
Of so iets.

Piet Pompies ·

Hier in die Laeveld het heelwat “Chinese shops” oopgemaak wat heelwat koopkrag trek, ons self spandeer meer geld by hulle as by die tradisionele winkels wat duurder is. Die nuwe MOZ en KZN brug het geen tolhekke, dalk moes die Chinese ook die Gauteng paaie geborg het dan het ons nie nou gesit met die e-Tol sage.

Johan ·

Doen die Chinese nie maar wat die Amerikaners jare gelede gedoen het nie? Gaan lees gerus Confessions of an Economic Hitman deur John Perkins. Uiters interessante leesstof.

Baie kort. In die geval leen China geld aan ‘n land X. Land X gaan in toekoms nie die terugbetalings kan hanteer nie. Dan het China vir land X “in sy sakkie” en kan “doen wat hy wil”. En dit kan wissel van ‘n stem by die Verenigde Nasies (ten gunste van China) tot goedkoop grondstowwe.

nico k ·

ek kan nie saam stem dat dit dieselfde is as die Amerikaners nie. Die VSA het ook baie beleggings in Zambië en Angola en heelwaarskynlik baie ander. Maar nog nie een Afrika land het ooit die VSA ondersteun in die VN nie.

Johan ·

Nico, ek spreek die beginsel aan – nie noodwendig met WIE die Amerikaners dit toegepas het nie. Ja, hulle het dit nie in Afrika gedoen nie, maar lande soos Panama, Saudi Arabie, Colombie, Equador, ens het deurgeloop op een of ander stadium. Die boek is geskryf deur ‘n persoon wat deel was van die maatskappy wat die front organisasie was.

waarheid ·

Eugene – ek stem saam met jou. Dit val soos ‘n legkaart aanmekaar. Dis eintlik ongelooflik.

Johnnie ·

Ons kan maar kyk die lande wat deur die chinese gehelp word met lening is almal lande wat of olie het of minerale het. Hulle gaan nog die hele afrika vat sodat hulle blyplek kan kry vir hulle mense.

Hannes ·

So is China besig om Afrika in te palm as ‘n Chinese staat. Afrika leiers tans val almal daarvoor want hulle is almal geldmal, sonder om aan die nagevolge te dink. Dit gaan vir hulle erger wees as apartheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.