Moontlik 1.4 miljoen ebola-gevalle teen Januarie

Mediese personeel van Dokters Sonder Grense neem kos na pasiënte by die organisasie se behandelingsentrum in Kailahun, Sierra Leone (20 Julie 2014) Foto: Tommy Trenchard, Reuters (via blogs.wsj.com)

Mediese personeel van Dokters Sonder Grense neem kos na pasiënte by die organisasie se behandelingsentrum in Kailahun, Sierra Leone (20 Julie 2014) Foto: Tommy Trenchard, Reuters (via blogs.wsj.com)

Gesondheidsowerhede in Amerika beraam dat ongeveer 1.4 miljoen mense teen Januarie in Liberië en Sierra Leone met ebola besmet sal wees.

Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC) het Dinsdag gesê dat daar teen 20 Januarie 2015 tussen 550 000 en 1.4 miljoen gevalle van ebola in dié twee lande in Wes-Afrika sal wees. Die beraming word gedoen op die aanname dat nie alle ebola-gevalle aangemeld word nie.

Kenners het egter gewaarsku dat die vooruitsig gebaseer is op data wat in Augustus beskikbaar was, voordat Amerika sy reaksie opgeskerp het. Bykans die helfte van die nagenoeg 6 000 persone wat met ebola besmet is, is reeds dood.

“Die syfers reflekteer nie die huidige toestande nie,” het die CDC in ʼn verklaring gesê.

Die VN se gesondheidsagentskap het Dinsdag gesê nuwe gevalle sal van honderde na duisende toeneem sonder “drastiese verbetering in beheermaatreëls”. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verwag dat nagenoeg 20 000 mense teen November besmet sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.