Moord op 20-jarige vrou ruk Ysland

Birna Brjansdottir (Foto: Facebook)

Birna Brjansdottir (Foto: Facebook)

Die regering van Ysland het vandeesweek gesê die land is geruk deur die onlangse “raaiselagtige” moord op die 20-jarige Birna Brjansdottir.

ʼn Uitgebreide polisiesoektog is op 14 Januarie van stapel gestuur nadat Brjansdottir se ma die polisie gebel het omdat sy ná werk nie huis toe gekom het nie.

Haar liggaam is Sondag op ʼn strand ongeveer 35 km van haar tuisdorp, Reykjavik, gevind.

Volgens The New York Times kon die polisie daarin slaag om haar liggaam op te spoor danksy kringtelevisiebeeldmateriaal.

Dié beeldmateriaal het gewys hoe Brjansdottir die aand van haar verdwyning op pad huis toe gestap het. In die video kan ook gesien word hoe ʼn rooi Kia Rio-motor langs haar stilhou. Dit is glo die laaste keer dat sy lewend gesien is.

Meer as 775 reddingswerkers het ná haar verdwyning vrywillig aangebied om Brjansdottir te help opspoor.

Die polisie het ’n paar dae later haar tekkies by ʼn meer in Hafnarfjordur, etlike kilometers van waar sy gewoon en werk het, opgespoor.

Nadat hulle ook kringtelevisiebeeldmateriaal van dié omgewing getrek het, het hulle dieselfde motor op dié toneel gesien as op die eerste video’s. Die motor is gehuur deur twee vissermanne, en danksy die einste mans se boot wat vasgemeer was aan die Polar Nanoq, kon die polisie hulle opspoor en hulle aan boord ʼn skip in hegtenis neem.

Helgi Gunnlaugsson, ’n sosiologie-professor aan die Universiteit van Ysland, het aan The New York Times vertel dié moord het Yslanders geskok omdat die land bekend is vir sy lae moordsyfer.

Ysland, wat ʼn bevolking van 336 000 het, het in 2012 die derde laagste moordsyfer in die wêreld gehad met slegs twee mense wat per jaar doodgemaak is. In die jare 2003, 2006 en 2008 was daar geen moorde nie.

Gunnlaugsson het gesê dit is juis oor die land se lae moordsyfer dat die saak nasionale opskrifte oorheers het.

Sigrun Skaftadottir, ʼn 28-jarige DJ, het ook aan die koerant vertel die moord het reeds die manier verander hoe mense optree en dink oor veiligheid. Dit het selfs tot ʼn skielike belangstelling in selfverdedigingsklasse gelei.

Albei mans is in aanhouding en wag nog om deur die polisie aangekla te word van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Voorlaaier ·

Genugtig!…..Wat kan ek se?..Moet eerder dan ni Suid Afrika toe kom ni want in Brits is daar meer moorde per dag as wat Ysland in 2 jaar het!..

:) ·

Dink ook dalk ‘n paar Suid Afrikaners het daar gaan VIS pak …

Elize ·

Wonder ek ook.is dit nie dalk n “burger van SA wat daar gaan visvang het nie”

AL ·

Ons samelewing is siek verby, dis hartseer dat ons gewoond geraak het aan die hoe geweldsmisdaad syfer terwyl dit nie veronderstel is om die norm te wees nie.

Alida ·

Dit is tragies. Die 1ste wereld lande ken nie hierdie barbaarsheid nie. In SA word daar meer moorde per dag gepleeg as in ander lande in 3 jaar.

Denise ·

Dit is baie hartseer sterkte aan die ma !!!! Hier by ons is daar elke dag moorde , verkragtings aanrandings en dit raak net erger en dit ruk my!!!!!

Verwonderd ·

In een van die mees liberale humanistiese lande ter wêreld, het ons ‘n moordsyfer erger as ‘n land wat in ‘n oorlog verkeer. Ironies of tragies, mag die Here ons van die moordenaars en die regering wat geweld aanblaas red.

Willie E ·

In Suid Afrika sal die totale Yslandse bevolking binne ‘n dekade uitgewis wees,as ons na die statistieke kyk…hel…dis ERG!!!!

Johanna Botha ·

Een moord en dit trek al hier ….as hulle maar net weet watse slagting dit in SA is met 50 moorde n dag en 4 verkragtings elke minuut hier ….genade wat n siek kontras !

miv ·

Dis juis die mees ‘liberale humanistiese’ wat die probleem is. Mense doen wat hul wil en dink is reg en God en sy Woord word vergeet.

Alida ·

Het niemand nog ooit daaraan gedink om al die fotos van die plaasmoorde en slagtings na al die lande in die wereld te stuur nie dan sal ons sien watter toeris gaan sy voete hier sit.

Andrea ·

Alida, dis wat ek ook graag gedoen wil hê. Waar begin mens?

Louis Marais ·

‘n Nasie van 336000 het hul eie land, ons Afrikaners is ongeveer 2.7 miljoen hoekom kan ons ook nie ons eie land he nie…

Alida ·

Ons moet koppe bymekaar sit en sorg dat fotos van die gruweldade by Trump uitkom en sommer in baie ander lande ook. Dink asb.

sarie van heerden ·

Ysland seker die allermooiste land wat ons ooit besoek het. Veilig en mooi en hier kom ‘n ding van erens anders in die wereld en vermoor ‘n onskuldige meisietjie. Niks is nog bewys nie, maar bloed is gevind in die vreemdes se huurvoertuig, en behoort genoeg te wees om vingers te wys. Beste is maar om “vreemdes” uit jou land te hou vir veiligheid en vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.