Morgan Tsvangirai Maandag ter ruste gelê

Morgan Tsvangirai, voormalige eerste minister van Zimbabwe en leier van die MDC

Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, sal Maandag begrawe word.

Tsvangirai het Woensdag ʼn stryd teen kolonkanker verloor.

Die voormalige Zimbabwiese leier sal by sy huis in die Humanikwa-nedersetting in Buhera langs sy eerste vrou, Susan, begrawe word.

Susan is in 2009 in ʼn motorongeluk dood toe die egpaar op pad na Buhera was.

Tsvangirai het so byna-byna in Maart 2008 die Zimbabwiese presidentskap oorgeneem, maar kon nie daarin slaag om die 50% plus een stemme wat nodig is vir die posisie, in te samel nie. Die staat het kort hierna glo ʼn veldtog van geweld en intimidasie begin wat verseker het dat Tsvangirai se ondersteuners aangerand of vermoor is.

Nelson Chamisa tree nou as tussentydse leier van die MDC-T op. Geen aankondiging oor die party se nuwe leierskap is nog gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Byna-byna ·

Byna-byna in Maart 2018 Presidentskap oorgeneem in Zimbabwe? Vandag is 18 Februarie 2018!

Cyril Blackburn ·

Dagsê Byna-byna
Dankie vir jou kommentaar! Die datum moet inderdaad “2008” wees. Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Andre ·

en die huidige president was deel van die veldtog van intimidasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.