Mosambiek-wrakstukke dalk dié van MH370

Die wrakstuk wat by Mosambiek uitgespoel het en moontlik deel kan wees van die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines

Die wrakstuk wat by Mosambiek uitgespoel het en moontlik deel kan wees van die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines

Wrakke wat in Mosambiek uitgespoel het, is dalk deel van Malaysia Airlines Vlug 370 wat twee jaar gelede met 239 persone aan boord verdwyn het.

Volgens Australies beamptes het dit uitgespoel op ʼn plek wat ooreenstem met ondersoekbeamptes se teorieë. Die wrakstukke is deel van ʼn Boeing 777. Vlug MH370 is die enigeste Boeing 777 wat verdwyn het.

Die vliegtuig het op 8 Maart 2014 vermoedelik in ʼn afgeleë gebied van die suidelike Indiese Oseaan aan Australië se weskus neergestort, ongeveer 6 000 km oos vanaf Mosambiek. Owerhede het voorspel dat enige wrakstukke, wat nie op die bodem van die see lê nie, sal uiteindelik met seestrome na die ooskus van Afrika gevoer word.

Australië sal saam met ondersoekbeamptes van Maleisië werk om die voorwerp te ondersoek wanneer dit uiteindelik in Australie aankom.

Vlug MH370 was onderweg van Kuala Lumpur na Beijing toe dit verdwyn het.

Wrakstukke van die vliegtuig het verlede jaar op Reunion-eiland in die Indiese Oseaan uitgespoel.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.