Moskee-aanval: Dodetal styg skerp

Abdel Fattah el-Sisi, die Egiptiese president (20 November 2017). Foto: AP Photo/Petros Karadjias

Minstens 235 mense is dood in die aanval Vrydag op ʼn moskee in die Sinai-skiereiland in die noorde van Egipte.

Die Egiptiese staatsnuusagentskap MENA berig owerhede het die jongste dodetal van die aanval bevestig, wat dit die dodelikste aanval op landsburgers in die afgelope paar jaar in die land maak.

Nog minstens 130 mense is beseer in die aanval op die Al Rawdah-moskee in Bir al-Abed, wes van die stad El Arisj, wat nie ver van die grens van Gasa af is nie. Maroela Media het vroeër berig ʼn bom het deur die moskee geruk tydens die preek van aanbidders se Vrydag-gebedsessie, voordat militante in vier veldvoertuie aangekom en op die moskeegangers losgebrand het.

Amptelike woordvoerders van die plaaslike ministerie vir gesondheid het gesê 30 ambulanse is na die toneel ontplooi, terwyl sommige media berig slagoffers is in tot 50 ambulanse na hospitale gehaas. Staatsveiligheidsbeamptes stel tans op die toneel ondersoek in.

Abdel Fattah el-Sisi, die Egiptiese president, sal na verwagting binnekort ʼn vergadering met die veiligheidskomitee hou om die gevolge van die terreuraanval te bespreek. Die president het ook ʼn nasionale routydperk van drie dae lank aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PJC ·

Daar is net een manier om met hierdie terroriste te handel. Slaan hulle en almal wat hulle wegkruipplek gee so vinnig en so hard as moontlik m.a.w. wis hulle en alle meelopers genadeloos uit.

PJC ·

Hierdie moslems is aangeval deur meer radikale moslems oor die manier waarop hulle die moslem geloof bedryf. Daar is ń kort beriggie in vandag se burger daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.