Moskou-moltreinongeluk eis 12

Lede van die nooddiens wag buite die stasie ná die ongeluk Foto: Sergei Karpukhin, Reuters (reuters.com)

Lede van die nooddiens wag buite die stasie ná die ongeluk. Foto: Sergei Karpukhin, Reuters (reuters.com)

Minstens 12 mense is Dinsdagoggend dood en meer as 120 beseer toe ‘n moltrein in Moskou tydens spitstyd sowat 200 meter van ‘n stasie af ontspoor het.

Die trein het glo skielik hewig gerem, en van die waens het ontspoor. Van die passasiers is deur die lug geslinger. Die meeste beseerdes was in die voorste wa wat deur die ander waens gefrommel is. Van die beseerdes is per helikopter na hospitale geneem.

Die ongeluk was vermoedelik weens ‘n kragonderbreking wat tot ‘n foutiewe sinjaal gelei het.

Moskou se moltreinstelsel vervoer daagliks sowat 9 miljoen mense. Die stelsel is in 1935 in gebruik geneem, en daarna opgeknap.

Bronne: ANP, Reuter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.