Moslemvlugtelinge gooi glo Christenvlugtelinge oorboord

Asielsoekers nadat hulle deur ’n Italiaanse skip gered is. Foto: AP

Asielsoekers nadat hulle deur ’n Italiaanse skip gered is. Foto: AP

Die Italiaanse polisie het 15 Moslemvlugtelinge wie se boot hulle pas uit die Middellandse See gered het, in hegtenis geneem nadat 100 ander vlugtelinge op die boot vertel het dié 15 het 12 Christene oorboord gegooi. Die 12 het na berig word almal verdrink.

Die voorval het ná ’n bakleiery oor godsdienssake aan boord plaasgevind. Die vlugtelinge wat in hegtenis geneem is, is van Mali, Senegal en die Ivoorkus. Die Christene wat oorboord gegooi is, was glo almal van Nigerië en Ghana.

Die asielsoekers se boot was van Libië na Italië onderweg.

Duisende vlugtelinge van oor die wêreld gebruik jaarliks die roete van Libië na Italië om met onseevaardige bootjies en skepe Europa te bereik. Hulle word dikwels genadeloos uitgebuit, en soms in die woestyn onderweg na die kus aan hul lot oorgelaat nadat hulle die vlugteling-smokkelaars betaal het.

Die afgelope week is berig dat 400 vlugtelinge verdrink het toe hul skip naby die Libiese kus gesink het. Kort hierna het meer as 40 verdrink toe hul opblaasbootjie naby die Libiese kus gesink het.

Italië het sonder welslae probeer vasstel of afgeskaalde reddingsoperasies nie tot ’n afname van asielsoekers sal lei nie.

Hoofbron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacques ·

Helesti gaan kyk bietjie op google hoeveel is al klaar daar en so ook die hele europe.

chris ·

Nou vlugtelinge later agtergeblewenes of mense wat gebuk gaan onder diskriminasie,nog bietjie later tyd vir BEE dan is die surkel voltooi.Hulle sal aandring op gelykheid en die ongelykheid op die boot sal vergeet,misken of geigenoreer word,so ook dat hulle deur hulle eie Afrikane uitgebuit is. Godsdiensvryheid tot so bokant die 20% dan die Moslemwette vergete is die gelykheid en ander Godsdienste se vryheid.
Die vraag is gaan Europa betyds wakkerskrik?

Peet Schabort ·

Ja-nee Europa en Great Britain, hier kom ons. Begin ook solank jul standbeelde …

Etienne ·

Baíe goeie bedryf om jou skuit met self laaiende cargo soos ń taxi 2,3x per dag oor die middellandse see te vaar. Met wat dan van die “vrag” vlugtelinge word is die skeepskaptein min mee gepla. Vlugtelinge dreun almal duitsland toe vir vrye verblyf, elektrisiteit, lopende water, self €50 per week en hul mag nie werk nie. Van terug na hul vaderland in beter tye is geen sprake nie.

Etienne ·

Duitsland ontvang volgens beplanning 1000 000 vlugtelinge perjaar. Daar is nie plek vir nog mense nie, die land bars reeds uit sy nate, die belasting is ontsaglik hoog en armoede steek sy kop uit. Liberale media sorg dat almal jammer is vir onderdrukte politieke assielsoekers en sê welkom welkom! Dis nie julle skuld dat julle ń las vd samelewing is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.