Motorbom ontplof in Ankara

Motorbom in Ankara, Turkye (17 Februarie 2016) Foto: EPA

Motorbom in Ankara, Turkye (17 Februarie 2016) Foto: EPA

ʼn Motorbom het Woensdagaand in Ankara, Turkye ontplof, wat glo gemik was op die militêre voertuie van die Turkse regering.

Minstens 28 mense is tydens die terreuraanval dood en 61 persone is beseer. Talle persone wat tydens die aanval gesterf het, was Turkse soldate.

ʼn Turkse koerant, Yeni Safak, wat na aan die regering staan, beweer dat die aanval deur ʼn Siriese burger geloods is. Volgens die koerant was die bom in ʼn gehuurde motor uit die stad Izmir. Niemand het tot op hede erken dat hulle vir die aanval verantwoordelik is nie. Die PKK, wat as terreurorganisasie in Turkye bekendstaan, word egter verdink.

Turkye het dit duidelik gestel dat die regering sterk sal optree teen die PKK- Koerdiese Arbeiderparty. In die stad Idil het ernstige voorvalle Woensdagaand tussen die regering en die PKK plaasgevind. Skote en ontploffings kon die hele nag lank gehoor word. Alle inwoners in die stad het opdrag ontvang dat hulle nie hul huise en wonings vandag mag verlaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trolle ·

Jammer vir die vamielies wat nou moet ly,maar as jy speel met vuur gaan jy een of ander tyd brand.

tamboti ·

Europa moet nie vlugtelinge integreer nie, hulle moes hulle in kampe hou met die opsie om terug na hul eie lande geneem te word en opleiding en wapens daar aan hulle verskaf sodat hulself hulle land kan terugwen. Nou brei hulle net die slagveld uit, Merkel is voorbok wat hierdie euwel aan Eropa toedoen. Die geskiedenis sal dit bewys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.