Motorfietsryer soek valstande op snelweg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motorfietsryer het Saterdag die verkeer op een van Madrid, Spanje, se besigste snelweë tot ʼn stilstand gedwing toe hy afgetrek het om na sy valstande te soek.

Die valstande het glo uit sy mond geval toe hy genies het, berig plaaslike media.

Twee munisipale beamptes het die motorfietsryer op die M-30-snelweg genader en hom beveel om verder te ry vir sy eie en ander motoriste se veiligheid, het Europa Press berig. Dit is nie duidelik of hy sy valstande opgespoor het nie.

Die stad se polisie was nie dadelik beskikbaar om die berig te bevestig of meer besonderhede te verskaf nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daantjie Maartens ·

Maak sin. Daai Spaanse fabrikaat ‘COFERSA’-motorfietse byt glo behoorlik teer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.