Motorhandelaar het skelmpie glo laat vermoor

Holly Williams (33) en William Lanway (36). (Foto’s: Nashville-polisie)

Die uitvoerende hoof van ʼn motorhandelaar in die VSA word daarvan beskuldig dat hy $750 000 (meer as R12 miljoen) aan twee voormalige lede van die Amerikaanse vloot en ʼn Israelse oudsoldaat betaal het om sy voormalige skelmpie en haar kêrel te vermoor.

Holly Williams (33) en William Lanway (36) is albei op 12 Maart verlede jaar in Nashville, Tennessee, vermoor.

Erik Charles Maund (46), ʼn vennoot in Maund Automative Group, is Maandag saam met drie ander van ontvoering en moord aangekla, berig CBS. Luidens hofstukke het Maund, wat tans getroud is, Holly in 2020 gekontak en gevra hy wil haar graag weer sien wanneer hy Nashville besoek. Hy het toe reeds die buite-egtelike verhouding wat hy met haar gehad het verbreek.

Ná sy besoek aan Nashville het hy glo ʼn reeks teksboodskappe van Lanway, Williams se kêrel, ontvang. Luidens ʼn berig van The Washinton Post het Lanway Maund glo afgepers en gedreig dat hy sy verhouding met Williams aan die lig sal bring, indien Maund nie vir Lanway ʼn bedrag geld betaal nie.

Dit is na aanleiding hiervan dat Maund toe glo drie huurmoordenaars gekontrakteer het om Williams en Lanway uit die weg te ruim.

Hy het glo $15 000 uit sy bankrekening onttrek en ʼn verslag met inligting oor die paartjie aan die Israeliese soldaat verskaf.

Volgens die polisie is die twee oudlede van die Amerikaanse vloot op die betrokke dag na Williams se woonstel in Nashville, waar hulle Lanway verskeie kere in die woonstelblok se parkeerterrein geskiet het.

“Hulle het Williams ontvoer en met haar én die liggaam van die Lanway na ʼn nabygeleë bouperseel gery waar hulle Williams doodgeskiet het,” voer die aanklaer aan.

Die liggame is op die bouperseel versteek. Luidens die klagstaat het Maund toe meer as $750 000 na die oudsoldaat te bankrekening oorgeplaas, wat moes dien as betaling vir die drie se dienste.

Maund en die drie mans wat hy sou gehuur het, is verlede week in hegtenis geneem en word nou deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar indien hulle skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Hoekom is hierdie nuuswaardig,is dit om n balans te kry vir misdaad in Suid-Afrika?

Mariaan

Wat op dees aarde het so mooi vrou in die mannetjie gesien? Nie eers geld kan mens so blind maak nie…ai..en nou is sy vermoor…sommer net so…geen respek vir lewe…jy moet maar jou straf uitdien meneer…nou is jou lewe ook daarmee heen

Sarel

Klimk so ….Suid- Afrikaans

Shakespeare

Dié skelmpie werk toe sleg uit vir die lelike mannetjie.