Motoris ploeg in skare in by Duitse karnaval

Reddingswerkers Maandag op die toneel in Volkmarsen, Duitsland. (Foto: Uwe Zucchi/dpa via AP)

Minstens 30 mense is beseer nadat ’n motoris Maandag in ’n skare by ’n karnavalparade in Hesse, Duitsland, ingeploeg het. Sowat ’n derde van die beseerdes is kinders.

Die plaaslike polisie sê ’n 29-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy omstreeks 14:30 (plaaslike tyd) glo doelbewus in die skare wat ʼn karnaval in die dorp Volksmarsen bygewoon het, ingejaag het. Die man is ʼn inwoner van die dorp en is self beseer.

Volgens die polisie sal hy voor ’n regter verskyn sodra sy gesondheid dit toelaat.

Distriksadministrateur Reinhard Kuba, wat die karnaval bygewoon het, sê hy het sirenes gehoor en verby huilende mense na die toneel gehardloop. “Daar het kinders oor die straat gelê.”

Sewe mense is ernstig in die voorval beseer.

Die Duitse polisie het die toneel naby die motor wat in die skare ingeploeg het, gefynkam. (Foto: Swen Pfortner/dpa via AP)

Die karnavalparade is ’n jaarlikse tradisie en nagenoeg 5 000 mense was al by die optog toe die voorval plaasgevind het.

Hartmut Linnekugel, burgemeester van Volksmarsen, sê hy is diep geskok deur die voorval. Die Duitse kanselier Angela Merkel en Heiko Maas, minister van buitelandse sake, het ook hul medelye met die slagoffers betuig.

Dit volg enkele dae ná twee skietvoorvalle verlede week die lewens van minstens 11 mense in die stad Hanau in die weste van Duitsland geëis het. Twee kroeë is in die aanvalle geteiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Die radikale moslems begin stadig hulle aanvalle uitbrei. Hulle wil mos soos Suid Afrika hulle grens oopgooi vir elke lieplapper. Nou moor hule die Duitesers uit en ons kan hulle nie uit ‘n kerk in Kaapstad kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.