Motoriste in Nigerië gestrand gelaat weens brandstoftekorte

Vlag van Nigerië

Talle motoriste en pendelaars is oor die Kersperiode gestrand gelaat weens ʼn brandstoftekort wat al drie weke lank voortduur, berig Kenia se Daily Nation.

Lang rye motors en busse het by vulstasies tougestaan in die land se groot stede. Die prys van brandstof het intussen dramaties verhoog by stasies waar brandstof wel beskikbaar is, ondanks Abuja wat volhou dat daar nie enige tekorte is nie.

Openbarevervoeroperateurs het koste met tot 50% en 70% verhoog en klante betaal nou tussen $0.70 en $0.80 per liter, teen die pompprys van minder as $0.40.

Die prysverhoging en brandstoftekorte het daartoe gelei dat talle motoriste brandstof op die swartmark gekoop het. ʼn Verdere ondersoek wys daarop dat meeste vulstasies wel brandstof het, maar weier om dit te verkoop, teen die advies van die departement van petroleumhulpbronne om dit te verkoop teen die regering se gereguleerde prys.

Die departement het intussen ʼn aantal vulstasies gepenaliseer, insluitend regeringsbeheerde mega-stasies wat brandstof glo bymekaarmaak.

Dit is die eerste jaareinde vulstasiekrisis sedert die People’s Democratic Party in Mei 2015 deur die All Progressive Congress ontsetel is.

Die Nigeria National Petroleum Corporation is deur die regering opdrag gegee om die krisis te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Clifford ·

Sjoe, ek was al baie daar en die land loop letterlik net op olie. Niks gebeur as daar nie olie/petrol is nie. Dis soos om n pizza winkel te bestuur sonder om pizza te maak. Daar kan lelike dinge gebeur as die olie noe begin vloei nie want AL hulle invoere hang af van hul olie produksie. Ek sien moeilikheid kom.

zoom zoom ·

Sekerlik sal zuma sy army stuur om te gaan help olie pomp want het hy mir ook ‘n aandeel in die bedryf saam may van sy tjommas???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.